kategorieë: Ons menseBekendes

Simoné Nortmann is verloof!

Simoné Nortmann is verloof! deur Zoë Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Simoné Nortmann het die naweek groot opwinding op sosiale media veroorsaak toe sy haar verlowing  – met twee foto’s waarop sy met ’n groot glimlag en ’n verloofring spog – op Instagram aangekondig het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

View this post on Instagram

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

JAAAAAAAAAAAAAAAAAA. ??

A post shared by s i m o n é n o r t m a n n (@simonenortmann) on

En die gelukkige wenner van die 28-jarige aktrise se hart? Niemand anders nie as Andries Pretorius, ’n entrepreneur van Pretoria wat al jare lank aan Nortmann se sy pronk.

Nortmann het aanvanklik bekendheid verwerf vir haar rol as Nadia Croukamp in 7de Laan, maar het sedertdien rolle in rolprente soos Wonderlus, Stroomop, Vuil Wasgoed en die lokettreffer Vir die Voëls vertolk. En net soos Irma, die karakter in Vir die Voëls waarmee sy diep in kykers se harte ingekruip het, het Simoné ook ware liefde gevind.

Lees ook: Simoné Nortmann gesels oor Los Asb. ’n Boodskap, Vir die Voëls, Wonderlus en 7de Laan

Simoné het vroeër vanjaar in ’n rooi rosevoorbladartikel vertel dat sy en Andries vir twee jaar uitgegaan het voordat hulle vir ’n ruk lank uitgemaak het. Maar sy het altyd geweet dat dit nie die einde van hulle pad saam is nie. “Ek het van kleins af gedroom oor ’n man wat my laat lag en met wie ek deurnag kan gesels. Andries het my geken nog voor ek bekend was, en hy behandel my spesiaal omdat ek Simoné is – nie omdat ek bekend is nie. Hy probeer my ook altyd beskerm teen mense met ’n agenda, en ek leer baie by hom,” het sy vertel.

Lees ook: Simoné Nortmann: Hou dié talent dop!

Lees ook: 41 vrae aan Simoné Nortmann

En kyk nou net, hulle is verloof! Boodskappe van gelukwense het van oral ingestroom, en Simoné het Sondag nog foto’s, ’n video en meer inligting oor haar spesiale oomblik op sosiale media gedeel. Die paartjie het op Dullstroom in Mpumalanga verloof geraak.  Andries het haar na die Akabeko Boutique Hotel geneem onder die voorwendsel dat hulle ’n vriend se 30ste verjaarsdag gaan vier. Simoné skryf dat Andries minute voor die groot vraag sy foon uitgehaal het, vertel het dat hy sy lewe lank al vir haar gebid het, en dat hy graag net ’n paar goed vir haar wil sê wat hy voel die Here vir haar wou sê. Nadat Andries die jawoord gevra het, is hulle terug na ontvangs waar ’n helikopter en twee vlieëniers hulle ingewag het met Moët-sjampanje. Iemand by die hotel het díe vlug spesiaal vir hulle gereël om hulle verlowing te vier, en daarna is hulle vir ’n paartjie-masseersessie. Die spesiale dag is met ’n nagmaalviering afgesluit. Maar dit was nie die einde van die vieringe nie. Andries het boonop as verrassing vir Nortmann ’n verlowingspartytjie in Pretoria gereel waar hope vriende en familie bymekaargekom het.

Andries is toe nie net lank, aantreklik en passievol nie, maar beslis ook romanties!

Lees ook: Simoné is een van ons gassprekers by die Pretoria KANSA-tee

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

6 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

6 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

7 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

8 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

10 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.