Deur Elandrè Swart. Hooffoto Pixabay
Daar is gewoontlik net twee oorsake vir vuil glase: die minerale in harde water vorm ’n lagie op jou glase of jou skottelgoedwasser het die glase permanent gevlek.
Hier is ses wenke om jou glase weer soos nuut te laat lyk.
1 Vergeet van die skottelgoedwasser
Twee belangrike redes om jou kosbare glase uit die skottelgoedwasser te hou:
- Dit is taai op breekbare glasware.
- Dit is steeds vol aandete-vet. Die laaste ding wat jy wil hê is die oorblywende kos wat jou glase besmeer.
2 Vergeet van spoelmiddel
Spoelmiddels is nie goed vir wynglase nie aangesien dit ’n film oor glasware los.
3 Was in warm water
Die beste manier om jou wynglase silwerskoon te kry, is deur warm water te gebruik en dit te los om self droog te word. Kommersiële glaswassers kan glase teen 83 °C steriliseer, maar ongelukkig het nie baie huise hierdie tipe wassers nie, daarom is die volgende beste ding om dit met die hand in warm water te was.
4 Lugdroog jou glase
Plaas die warm glase onderstebo en laat dit self droog word. Selfs die skoonste en nuutste teehanddoeke sal vesel op glasware los.
5 Gebruik die minimum skoonmaakmiddel
As jy voel jy moet ’n skoonmaakmiddel gebruik, beveel ons aan dat jy so min as moontlik gebruik. Spoel die glase gereeld met warm water af terwyl jy was.
6 Gebruik asyn
Week jou glasware vir ’n uur of twee in ’n asynoplossing. Die asyn sal vasklou aan die organiese materiaal en skitterende glase tot gevolg hê.
Lees ook:Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik?