kategorieë: Ontspanning

Silwerskermfees-nuus: Verfilming van My F*k, Marelize-speelfilm begin September in Namibië

Die rolprent speel in Windhoek af en is geïnspireer deur die ware gebeure wat tot die ikoniese rugbypaal-voorval gelei het. Dit volg die ongeluksvoël Marelize Horn terwyl sy voorberei om ’n au pair in Nederland te word, en haar ma, Heidi Horn, wat met ’n kankerdiagnose moet omgaan. Dit alles vind plaas teen die agtergrond van WIKA, die jaarlikse Windhoekse Karnaval.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die draaiboek is deur die Safta-bekroonde Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind) geskryf. Zandré Coetzer – een van die televisieregisseurs van Dinge van ’n kind en ook een van die vervaardigers van die reeks Donkerbos, wat twee Safta-toekennings ingepalm het en internasionaal verkoop is – maak met dié fliek haar debuut as speelfilmregisseur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Zandré Coetzer (Foto: Verskaf)

“Hierdie film gaan almal verras,” sê Innes. “Wanneer mense dink aan ’n fliek gegrond op die frase ‘my f*k, Marelize’, verwag hulle waarskynlik ’n klugkomedie oor ’n tiener wat aanhoudend teen goed vasloop. Die verhaal van die Horn-familie het egter soveel meer diepte as dít, en ons kan nie wag om kykers daarmee te verras nie.”

“Hierdie storie is ’n viering van die lewe,” sê Coetzer. “’n Warm blik op hoe ons mense in Namibië en Suid-Afrika elke uitdaging met ’n grappie en ’n glimlag in die oë kyk. Ek was gelukkig om tyd met die Horn-familie deur te bring. Om hulle dinamika as ’n eenheid te ervaar het my so ’n duidelike visie vir die film gegee. As ’n Afrikaner is dit regtig spesiaal om my taal, kultuur en mense te vier in ’n storie wat gaan oor ons humor en manier om die lewe aan te pak.”

Die film is ’n Namibiese en Suid-Afrikaanse ko-produksie – ’n samewerking tussen die Windhoekse vervaardigers Joel Haikali en Sophie Haikali van Joe Vision Productions (medevervaardigers van die 2024 Berlinale-geselekteerde Pepe) en die Kaapstadse produksiehuise Nagvlug Films en Nostalgia Productions. Paulo Areal (Ellen: Die Ellen Pakkies Storie, Five Fingers for Marseilles) is ook deel van die span vervaardigers. Befondsing is deur die Nasionale Film & Video Stigting (NFVF), kykNET Films en MultiChoice Namibië verskaf.

“kykNET is diep gewortel in Namibië, en ons is trots daarop om spesifiek hierdie ko-produksie met sterk Namibiese bande te ondersteun – ’n storie vol pathos en humur met ’n unieke, eg plaaslike karakter,” sê Waldimar Pelser, M-Net-kanaaldirekteur: Premium-kanale.

“Hierdie sprankelende Namibië-Suid-Afrika-ko-produksie is ’n liefdesbrief aan die manier van lewe in Windhoek,” sê die vervaardiger Haikali. “Dit vier ons eiesoortige Namibiese sjarme en gees met baie humor en ook ons Afrikaans met sy kenmerkende Namibiese geur. Dit is ’n rolprent vir die hele familie, en ons is baie opgewonde om deel daarvan te wees!”

Marelize en Heidi Horn (Foto: Verskaf)

Die Horn-familie – Marelize, Heidi, Tiaan en Wilmari – was sedert die begin van die ontwikkeling betrokke. Hulle het hul huise en lewens vir die produksiespan oopgemaak, en die verfilming sal in September begin.

“Dis ongelooflik hoe hierdie ding bly groei,” sê Marelize. “Toe ek verlede jaar uit die bloute ’n Facebook-boodskap van Brett gekry het oor sy planne om ’n fliek oor ons gesin te maak, het ek nie geweet wat om te verwag nie. Nou is hulle op die punt om te begin skiet, en ek kan nie wag om te sien hoe ons ervarings lewe kry op die skerm nie.”

Lees ook: ‘Een keer om die son’: Die byspelers wat die prentjie help inkleur

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

1 day Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

3 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.