kykNET se Silwerskermfees beoog om die Suid-Afrikaanse filmbedryf, wat dokumentêre rolprente en kortfilms insluit, die platform te gee wat dit toekom. Die fees, Suid-Afrika se eie Cannes-filmfees in die kleine, het ’n jaarlikse instelling geword. Dit is waar rolspelers in die bedryf soos regisseurs, vervaardigers, verspreiders, spelers en ander betrokkenes skouers skuur vir ’n paar magiese dae – waar rolprente gepraat, geëet en geleef word.
Besoek gerus kykNET se webblad vir al die kortfilms-lokprente. Klik hier.