Silwerskermfees in volle swang in Kampsbaai

Vanjaar kan kykers ook tuis die fees meemaak deur vir die hibriede fees te registreer; dit beloop R190 vir vier dae se puik plaaslike fliekvermaak. Die opbrengs word geskenk aan die Tribuo-fees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Vier van die Silwerskermfees-films word ook tydens die fees by die Ster Kinekor in Tygervallei vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vollengte speelfilms en kortfilms ding om die gesogte Silwerskermfees-trofee wat Saterdagaand ná afloop van die fees by n glansgeleentheid oorhandig word, mee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Lees ook: kykNET se eerste hibriede Silwerskermfees skop volgende week af

Die talent in kortfilms en vollengte-speelfilms is van uitstaande gehalte, nadat die fees die afgelope twee jaar weens die pandemie nie kon plaasvind nie. Verskeie films wat by die fees vertoon word, het al internasionaal verskeie pryse ingepalm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Silwerskermfees

Foto: Clifford Roberts

Die bloutapyt

Die bloutapyt is uitgerol en elke dag word die sterre van die films wat daardie dag vertoon word op die tapyt aangebring.

Foto: Clifford Roberts

Kykers kan tuis of by die fees op die Silwerskermfees-toepassing vir hul gunsteling films stem.

Voor elke filmvertoning in die kompetisie vergader die media, klankmense en filmmakers saam met die akteurs van daardie film op die bloutapyt en vertel meer oor hul ervaringe. Hier gesels Ivan Botha en Donnalee Roberts, die sterre van Beurtkrag. Hulle was ook mede-vervaardigers en mede-draaiboekskrywers.

Foto: Clifford Roberts

Die aktrise Vashti Prins kuier na afloop van Indemnity waarin Jarrid Geduld (heel regs) die hoofrol speel, saam met Enrico Hartenberg.

Foto: Clifford Roberts

Die veteraan-akteurs Lida en Johan Botha is die sterre in die kortfilm Leemtes en Leegheid. Dit vertel die verhaal van Magdaleen en Hendrik, en hoe sy probeer om ná sy afsterwe aan te gaan met haar lewe, maar hoe die verdriet soos golwe oor haar spoel: soms bly sy staande en ander dae voel dit asof sy verdrink.

Foto: Clifford Roberts

Die makabere kortflim speel in ’n barbierswinkel af en daar is gerugte dat die maalvleis in die tuisgebakte vetkoeke dalk van die vorige kliënte van die barbier was… Kevin Smith speel die rol van die barbier, Vikkah en Charlene le Roux is een van die gemeente se vroom susters wat haar ogie op die barbier het.

Foto: Clifford Roberts

Silwerskermfees-toepassing

Kykers kan tuis of by die fees op die Silwerskermfees-toepassing vir hul gunsteling films stem.

Lees ook: Sjef Mynhardt se eie kookboek

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

2 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

3 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

3 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

3 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

4 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.