kategorieë: Ontspanning

Silwerskermfees: Antoinette Louw gesels

Antoinette Louw is in twee films by die kykNET Silwerskermfees te sien. Foto vertel die verhaal ’n jong fotograaf wat by ’n uitstalling vrae begin vrae oor die fotograaf (Antoinette Louw) wat die foto’s geneem het. Die leidrade bring haar by die stories van die mense in die foto’s en sy ontdek dat baie van hulle geweldadig gesterf het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Man soos my Pa is ’n nuwe fliek van Sean Else en het ’n sterbelaaide rolverdeling wat Neels van Jaarsveld, Albert Maritz, Sandra Prinsloo en Deon Lotz insluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


Jy speel die rol van ’n fotograaf in Foto. Vertel meer oor die fliek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto herinner my aan Roald Dahl se kortverhale uit Unexpected Tales. Dit het ’n onderduimse tog magiese kwaliteit. Jy kan aanvoel iets is nie pluis nie, maar jy kan nie lekker jou vinger daarop plaas nie. Die storie neem die kyker op ’n reis om uit te vind wat dit is. Ek wil nie veel oor my karakter uitwei nie, want ek is bang ek gee iets weg. Wat ek wel sal sê, is dat dit heerlik is om ’n antagonis te speel!

Jy was verlede jaar ook in ’n kortfilm, Totsiens, Pa by die kykNET Silwerskermfees te sien. Wat beteken die fees vir akteurs, aktrises en filmmakers?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis ’n geleentheid om te wys waar hulle talente lê en ook ’n geleentheid om hulle talente uit te brei.

Waarna sien jy die meeste uit na vanjaar se fees?

Die deel en uitruil van stories deur die filmmedium. Die ontdekking van nuwe en ou talent. En dan natuurlik die lekker kuier tussendeur!

Jy is ook in die vollengte film ’n Man Soos my Pa by die fees te sien. Wie dink jy sal die film geniet?

Omdat die fliek gaan oor die verhouding tussen ’n ouer en kind, is dit ’n fliek wat almal by kan aanklank vind. Maak nie saak of jy ’n man of vrou is, kinders het of nie, die verhaal is universeel.

Is daar ’n rol wat jy nog graag wil speel?

Nie spesifiek nie, nee. Solank dit uitdagend is of deel van ’n goeie storie is, is ek gelukkig.

Het jy self drome om ’n filmmaker of regisseur te word?

Ek is reeds besig met daardie droom. As dinge goed gaan, sal ons volgende jaar in produksie gaan. Ek is nie die regisseur nie, maar wel die mede-vervaardiger en skrywer.

Wat moet feesgangers van die kykNET Silwerskermfees weet?

Dis ’n fees met hope pret en talent en waar jy die “movie magic”-gevoel kry.

Kyk na die lokprent van Foto hier

Kyk na die lokprent vir ’n Man Soos my Pa hier

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.