kategorieë: Bekendes

Silwerskermfees 2017

As jy vanjaar by kykNET se gewilde Silwerskermfees kuier, sal jy saamstem dat die films van uitstaande gehalte is. Dié Afrikaanse filmfees groei jaarliks in gewildheid en die gehalte van vollengte speelfilms sowel as kortfilms word net beter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Afrikaanse film-industrie ondergaan nou al vir ’n wyle ’n transformasie en dit is wonderlik om te sien hoe baie van ons eie, plaaslike films op internasionale vlak kan (en is sommige gevalle wel) meeding.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vanjaar se ses vollengte films wat met mekaar meeding is Meerkat Maantuig, Wonderlus, Raaiselkind, Vuil Wasgoed, Liewe Kersfeesvader en Vaselinetjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meerkat Maantuig, waarvan rooi rose die mediavennoot is, is geskryf deur die bekroonde rolprentmaker Hanneke Schutte en is geïnspireer deur die boek Blinde sambok deur Riana Scheepers.

A post shared by rooi rose (@rooirose) on

Gideonette de la Rey (gespeel deur die nuweling Anchen du Plessis) is ’n jong meisie wat obsessief glo aan ’n vloek wat op haar familienaam rus. Met haar ooraktiewe verbeelding en vrees vir maniere waarop sy moontlik kan sterf (sy maak ’n lys in haar kop) lewe sy nie in oorvloed nie. Na haar pa se dood gaan kuier sy by haar oupa en ouma op die plaas (gespeel deur Pierre van Pletzen en Rika Sennett) waar sy ook haar “eerste beste vriend”, Bhubesi ontmoet. Met die hulp van Bhubesi word haar verbeelding onder beheer gebring en kan sy uiteindelik die vloek breek.

Dié fliek gaan beslis ’n paar hartsnare roer!

As jy al Annelie Botes se roman, Raaiselkind, gelees het, sal jy weet dat dié storie nie vir die sensitiewe leser is nie. Wel, die fliekweergawe van dié bekroonde roman is beslis ook nie vir die sensitiewe kyker nie. Die verhaal handel oor outisme en hoe dit ’n gesin uit mekaar kan skeur. Diaan Lawrenson (bekend as die “lawwe” Paula in 7de Laan), speel die rol van Ingrid, ’n ma wat van die moord op haar 9-jarige outistiese seun, Alexander, verdink word. As jy vir Diaan in ’n ernstige rol wil sien wat jou sprakeloos sal laat, is hierdie fliek die een.

Die kyker word deel van die wêreld van outisme en die seuntjie (gespeel deur Ian Roelofs) se toneelspel is so geloofwaardig dat jy nie anders kan as om met ’n knop in die keel te sit en kyk nie.

’n Fliek wat ek voorspel baie gewild gaan wees, is Wonderlus. Name soos Mila Guy, Lea Vivier (Trix Vivier se suster), Beer Adriaanse, Lynelle Kenned, Adam Heyns, Ansu Visser en Marvin-Lee Beukes is dalk nog relatief onbekend, maar nie vir lank nie. Edwin van der Walt is ook uitstekend.

In die fliek loop ’n troue nie so goed af soos wat dit moet nie en moet die gaste die volgende oggend probeer uitpluis wat die vorige aand gebeur het. Daar word geworstel met vrae waarmee hedendaagse jongmense (wat klaar gestudeer het en in ’n ouderdom is waar hulle moet besluit oor trou) en hierdie fliek spreek dit perfek aan. Die toneelspel (van elke akteur) is nie geforseer nie en die slottoneel veral is iets wat enige internasionale regisseur sal laat juig. ’n Absolute moet-sien.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

1 hour Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

19 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

20 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.