kategorieë: Ontspanning

Silwerskermfees 2016

Suid-Afrika is ‘n land propvol stories. Suid-Afrika is ook ‘n land met ‘n filmbedryf wat by die dag groei. Die jaarlikse Silwerskermfees, vanjaar in sy sesde jaar, gee weer vir aspirant-filmmakers en -draaiboekskrywers die kans om hul storie op film te vertel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Silwerskermfees, wat later vanjaar weer deur kykNET in Kampsbaai aangebied word, beoog om die Suid-Afrikaanse filmbedryf, wat dokumentêre rolprente en kortfilms insluit, die platform te gee wat dit toekom. Die fees, Suid-Afrika se eie Cannes-filmfees in die kleine, het ‘n jaarlikse instelling geword. Dit is waar rolspelers in die bedryf soos regisseurs, vervaardigers, verspreiders, spelers en ander betrokkenes skouers skuur vir ‘n paar magiese dae waar rolprente gepraat, geëet en geleef word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Inskrywings vir vanjaar se kortfilms is nou oop. Die sluitingsdatum is 30 Maart 2016. Vyftien kortfilms word uit die aansoeke gekies om vervaardig te word en die begroting per kortfilm is R160 000. Die inskrywingsfooi is R200 per inskrywing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Indien jy wil inskryf, gaan na www.kyknet.dstv.com en kliek op die Silwerskerm-logo vir meer inligting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.