kategorieë: Bekendes

Silwerskermfees 2016: die wenners

kykNET het ook drie belangrike aankondigings tydens die glansgeleentheid bekend gemaak:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die Silwerskerm-kortfilmprojek is by uitstek ’n talentontwikkelingsprojek. Elke jaar ontvang ons honderde konsep-inskrywings waarvan ons net 15 kan kies vir ontwikkeling en produksie,” sê Anneke Villet, toesigvervaardiger van die kortfilm-projek by die Silwerskermfees. “Ons is altyd gelukkig met ons gekose 15, maar dit gaan wel gepaard met die hartseer wete dat ons vele ander talentvolle skrywers en regisseurs nie die kans kan gee om hul films op skerm te verwesenlik nie. Hierdie jaar was daar ’n 16de filmteks wat ons hoogs beïndruk het en dit was vir ons paneel besonder hartseer dat dit uitgeval het. Dis dan vir my ’n uitsonderlike voorreg om aan te kondig dat kykNET besluit het om daardie teks saam met die skrywer te ontwikkel vir produksie tydens volgende jaar se kortfilmprojek en dit sal by die Silwerskermfees in 2017 vertoon word. Die teks se titel is Soos Gister, geskep en geskryf deur Marvin Lee Beukes.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die wenner van die Blitz Pitch, waar feesgangers in drie minute ’n voorstel vir ’n nuwe reeks of rolprent moes maak, was Philip Nolte wat die groen lig gekry het vir die storie wat Totsiens, Pa, sy kortfilm wat in 2014 deel van die Silwerskermfees was, voorloop het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

kykNET het ook vanjaar saam met die Nasionale Skoletoneel-kompetisie gewerk en Kaye Ann Williams, toesigvervaardiger: fiksie by kykNET, het aangekondig dat die skrywer en regisseur Louis Pretorius ’n 48-minute kortfilm, Die Ruimte Tussen Niks, geskryf het wat later vanjaar vervaardig gaan word met die top-8 jong akteurs en aktrises wat deel van die Nasionale Skoletoneel-kompetisie was.

Die top-8 skoliere was Mia van der Merwe, Jeanie Heyns, Jana van der Merwe, Tomley van Vuuren, René Cloete, Henry Serfontein, Wian Taljaard en Cantona James. Cantona het ’n volle beurs gewen om volgende jaar drama by die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die wenners in die ander kategorieë is:

Kortfilms

Beste kortfilm

Vlees van my Vlees

Beste regisseur: Kortfilm

Matthys Boshoff – Vlees van my Vlees

Beste akteur: Kortfilm

Carel Nel – HUM

Beste aktrise: Kortfilm

Erica Wessels – Vlees van my Vlees

Beste draaiboek: Kortfilm

Willem Grobler – HUM

Beste redigering: Kortfilm

Leon Visser – HUM

Spesiale toekenning

HUM – Kinematografie

Dokumentêr

Beste dokumentêr

Nobody’s Died Laughing

Speelfilms

Beste speelfilm

Johnny is Nie Dood Nie

Beste regisseur: Speelfilm

Christiaan Olwagen – Johnny is Nie Dood Nie

Beste akteur: Speelfilm

Albert Pretorius – Johnny is Nie Dood Nie

Beste aktrise: Speelfilm

Christia Visser – Tess

Beste manlike byspeler: Speelfilm

Ludwig Binge – Johnny is Nie Dood Nie

Beste vroulike byspeler: Speelfilm

Illana Cilliers – Johnny is Nie Dood Nie

Beste draaiboek: Speelfilm

Christiaan Olwagen – Johnny is Nie Dood Nie

Beste oorspronklike musiek: Speelfilm

Charl-Johan Lingenvelder – Johnny is Nie Dood Nie

Beste kinematograaf: Speelfilm

Bert Haitsma – Tess

Beste redigering: Speelfilm

Linda Man – Tess

Beste produksie-ontwerp: Speelfilm

Birrie le Roux – Johnny is Nie Dood Nie

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

13 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

13 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

14 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

14 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

16 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.