kykNET het ook drie belangrike aankondigings tydens die glansgeleentheid bekend gemaak:
“Die Silwerskerm-kortfilmprojek is by uitstek ’n talentontwikkelingsprojek. Elke jaar ontvang ons honderde konsep-inskrywings waarvan ons net 15 kan kies vir ontwikkeling en produksie,” sê Anneke Villet, toesigvervaardiger van die kortfilm-projek by die Silwerskermfees. “Ons is altyd gelukkig met ons gekose 15, maar dit gaan wel gepaard met die hartseer wete dat ons vele ander talentvolle skrywers en regisseurs nie die kans kan gee om hul films op skerm te verwesenlik nie. Hierdie jaar was daar ’n 16de filmteks wat ons hoogs beïndruk het en dit was vir ons paneel besonder hartseer dat dit uitgeval het. Dis dan vir my ’n uitsonderlike voorreg om aan te kondig dat kykNET besluit het om daardie teks saam met die skrywer te ontwikkel vir produksie tydens volgende jaar se kortfilmprojek en dit sal by die Silwerskermfees in 2017 vertoon word. Die teks se titel is Soos Gister, geskep en geskryf deur Marvin Lee Beukes.”
Die wenner van die Blitz Pitch, waar feesgangers in drie minute ’n voorstel vir ’n nuwe reeks of rolprent moes maak, was Philip Nolte wat die groen lig gekry het vir die storie wat Totsiens, Pa, sy kortfilm wat in 2014 deel van die Silwerskermfees was, voorloop het.
kykNET het ook vanjaar saam met die Nasionale Skoletoneel-kompetisie gewerk en Kaye Ann Williams, toesigvervaardiger: fiksie by kykNET, het aangekondig dat die skrywer en regisseur Louis Pretorius ’n 48-minute kortfilm, Die Ruimte Tussen Niks, geskryf het wat later vanjaar vervaardig gaan word met die top-8 jong akteurs en aktrises wat deel van die Nasionale Skoletoneel-kompetisie was.
Die top-8 skoliere was Mia van der Merwe, Jeanie Heyns, Jana van der Merwe, Tomley van Vuuren, René Cloete, Henry Serfontein, Wian Taljaard en Cantona James. Cantona het ’n volle beurs gewen om volgende jaar drama by die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer.
Die wenners in die ander kategorieë is:
Kortfilms
Beste kortfilm
Vlees van my Vlees
Beste regisseur: Kortfilm
Matthys Boshoff – Vlees van my Vlees
Beste akteur: Kortfilm
Carel Nel – HUM
Beste aktrise: Kortfilm
Erica Wessels – Vlees van my Vlees
Beste draaiboek: Kortfilm
Willem Grobler – HUM
Beste redigering: Kortfilm
Leon Visser – HUM
Spesiale toekenning
HUM – Kinematografie
Dokumentêr
Beste dokumentêr
Nobody’s Died Laughing
Speelfilms
Beste speelfilm
Johnny is Nie Dood Nie
Beste regisseur: Speelfilm
Christiaan Olwagen – Johnny is Nie Dood Nie
Beste akteur: Speelfilm
Albert Pretorius – Johnny is Nie Dood Nie
Beste aktrise: Speelfilm
Christia Visser – Tess
Beste manlike byspeler: Speelfilm
Ludwig Binge – Johnny is Nie Dood Nie
Beste vroulike byspeler: Speelfilm
Illana Cilliers – Johnny is Nie Dood Nie
Beste draaiboek: Speelfilm
Christiaan Olwagen – Johnny is Nie Dood Nie
Beste oorspronklike musiek: Speelfilm
Charl-Johan Lingenvelder – Johnny is Nie Dood Nie
Beste kinematograaf: Speelfilm
Bert Haitsma – Tess
Beste redigering: Speelfilm
Linda Man – Tess
Beste produksie-ontwerp: Speelfilm
Birrie le Roux – Johnny is Nie Dood Nie