Die twee kortfilms wat met die meeste pryse weggestap het, was Hum (met Carel Nel in die hoofrol en Willem Grobler as regisseur), en Vlees van my vlees (met Erica Wessels en James Alexander as die hoofrolle en Matthys Boshoff as regisseur).
Die twee speelfilms wat met die meeste pryse weggestap het, was Tess (met rooi rose September 2016-voorbladvrou Christia Visser in die hoofrol) en Johnny is nie dood nie (met onder andere Rolanda Marais, Albert Pretorius en Illana Cilliers).
Hier is ’n paar foto’s wat tydens die toekenningsaand op 27 Augustus geneem is.