Die fees se blinknuwe glasbeeldjies, geslyp deur die kunstenaar Lothar Böttcher, is by die Tegniese Toekenningsgeleentheid in die Theatre on the Bay uitgedeel, waarna die wenners van die hooftoekennings by ’n spoggerige geleentheid in die Bay Hotel vereer is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Al die kortfilms is nou op DStv Now of DStv Catch Up te sien, en:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('• Vlugtig is reeds op DStv BoxOffice beskikbaar.
• Gaia is vanaf 22 April op Dstv BoxOffice.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('• Beurtkrag sal van 16 Junie af op DStv BoxOffice wees.
• Indemnity is vanaf 13 Mei in Ster Kinekor-teaters te siene, waarna dit op Dstv BoxOffice vrygestel sal word.
• Die Stiekyt– en Down so long–DStv BoxOffice datums sal later bevestig word.
Lees ook: Silwerskermfees in volle swang in Kampsbaai
Suid-Afrika se eerste ekologiese gruwelfliek Gaia het die Silwerskermfees se gesogte toekenning vir Beste Speelfilm opgeraap. Dié grondverskuiwende plaaslike rolprent met Jaco Bouwer, Tertius Kapp en Jorrie van der Walt as vervaardigers, het ook die toekenning vir Beste Regisseur aan Jaco Bouwer besorg. Voorts het Gaia die toekennings vir Beste Grimering en Haarstilering, Beste Redigeerder en Beste Klankontwerp ingepalm.
Paul du Toit het die toekenning van beste akteur in ‘n speelfilm vir Stiekyt gewen.
Nege speelfilms het vanjaar meegeding om dié gesogte pryse en vanjaar se amptelike inskrywing vir die Oscars, Barakat, het ses toekennings losgeslaan, insluitende die prys vir Beste Draaiboek. Dié teks is neergepen deur die veelbekroonde filmmakers Amy Jephta en Ephraim Gordon, wat hul eerste tree in die bedryf in 2017 by die fees gegee het met ’n kortfilm wat gewen het.
Vanjaar se Beste Kortfilm, Leemtes en leegheid, herskryf Silwerskermfeesgeskiedenis. Dis die eerste keer dat ’n kortfilm as die Gehoorgunsteling aangewys word. Boonop word die vervaardiger en regisseur van dié roerende film, Gabriella Blumberg en Jordy Sank, deur die NFVF geborg om een van die wêreld se vernaamste filmfeeste, die Berlinale in Berlyn, by te woon.
Dit was egter nie die enigste verrassing by vanjaar se plegtighede nie. Die Beste Akteur en Aktrise in ’n kortfilm, Marlo Minnaar en Carla Smith, se uitmuntende werk word beloon met ’n mentorskap-sessie deur die fees se beskermheer, Arnold Vosloo.
Drie van die skrywers wat hul idees neergepen het vir die Draaiboeksoek-kompetisie het ook gehoor dat hulle R50 000 elk gewen het. Die pryse is toegeken aan AnnMaree Barry, Jan Lampen en Mariska Denysschen.
Twee legendes in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, die Silwerskermfeesstigters Jan du Plessis en Karen Meiring, is ook vir hul uitsonderlike bydrae tot die plaaslike filmbedryf vereer.
Beste speelfilm
Gaia
Beste regisseur – Speelfilm
Gaia – Jaco Bouwer
Beste akteur – Speelfilm
Stiekyt – Paul du Toit
Beste akrise – Speelfilm
Barakat – Vinette Ebrahim
Beste draaiboek
Barakat
Beste manlike byspeler – Speelfilm
Stiekyt – Albert Pretorius
Beste vroulike byspeler – Speelfilm
Barakat – June van Merch
Beste oorspronklike musiek – Speelfilm
Barakat – Kyle Shepherd
Beste kostuum-ontwerp – Speelfilm
Barakat – Ayesha Khatieb
Beste grimering en haarstilering – Speelfilm
Gaia – Sulani Saayman
Beste produksie-ontwerp – Speelfilm
Barakat – Sumaya Wicomb
Beste klank-ontwerp – Speelfilm
Gaia – Tim Pringle
Beste kinematograaf – Speelfilm
Stiekyt – Eduan Kitching
Beste redigeerder – Speelfilm
Gaia – Leon Visser
Beste Kortfilm
Leemtes en leegheid
Beste regie – Kortfilm
My Beskermer – D.W. Smith (Diana Mills Smith)
Beste akteur – Kortfilm
Aan/Af – Marlo Minnaar
Beste aktrise – Kortfilm
Skyn – Carla Smith
Beste ensemble – Kortfilm
Skyn
Beste oorspronklike musiek – Kortfilm
Bennie Bingo – Ryno Posthumus
Beste produksie-ontwerp – Kortfilm
Baber
Beste redigeerder – Kortfilm
Die Horries – Regardt Visser
Beste Kinematograaf – Kortfilm
Baber – Justin Youens
Beste draaiboek – Kortfilm
Leemtes en leegheid – Jordy Sank, Terence Makapan
Beste bestaande werk
Ekstasis
Gehoorgunsteling
Leemtes en leegheid
Spesiale benoeming
My beskermer
Lees ook: kykNET se eerste hibriede Silwerskermfees skop volgende week af
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.