Cameron van der Burgh het ’n silwermedalje in die eindronde van die 100 m-borsslag losgeslaan. Dit is wel een trappie laer as die goue medalje wat hy in 2012 in Londen vir dieselfde item gewen het, maar hy is steeds baie tevrede.
Hy het in ’n tyd van 58.69 sekondes geëindig, terwyl die wenner – die Brit Adam Peaty – in ’n tyd van 57.13 sekondes klaargemaak het.
Peaty het Saterdag tydens die uitdunne die wêreldrekord gebreek in ’n tyd van 57.55 sekondes.
Ons ander goue seun, Chad le Clos, neem Dinsdagoggend aan die eindronde van die 200m-vryslag deel.