kategorieë: Blogs

Siek. Ses. En vol streke.

Sy kyk my leepoog aan. Haar wange rooi van die nag se slaap. "Is dit skool vandag?" Tussen die slaapnewels deur sien ek dit kom. "My magie voel nie so lekker nie. En voel, voel Mamma. My koppie is baie warm. Ek belowe."

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gebroei, dink ek. Warm gebroei hier waar jy jou elke nag tussen my en jou pa inwurm. En jy belowe te vinnig. Dan kom dit: "Ek wil nie skool toe gaan nie. Ek dink ek voel siek."

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Siek. Ses. En vol streke. Ek gee (te maklik) in. Pajamas, TV, onder ’n kombers op die bank parkeer sy. Geplant vir die dag. Mamma sê dis okay so, vir vandag. Siek. Ses. En vol streke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dan, laatoggend kom die vraag: "Gaan julle my huiswerk haal?" Nee. Ek skud my kop. "Nee." Die ontroosbare tranedal vang my onkant. "Ek gaan my werk mis! Ek gaan my werk mis!" Op ses. Regtig?

Ek bêre die ding in my agterkop. Vergeet nie, maar pak dit vir goeie orde weg iewers in ’n koplaai, daar tussen die lysie Kersgeskenke, die beplanning vir Desember se vakansie by die see, die week se onklaar doendinge.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis eers later, as ek hoor van ’n pa én later ’n vriendin wat vir hul kinders sit en opsommings maak om die las te verlig dat ek die deurmekaar laai in my kop versigtig ooptrek. Hoekom vra ’n sesjarige na haar huiswerk, sit ’n negejarige op ’n Sondag langtand en wroeg deur ses hoofstukke Wetenskap, koes-koes ’n elfjarige gang-af sodat sy ma hom nie in die oe kan kyk nie en huil ’n agtjarige haarself elke aand aan die slaap? Hoekom brand ’n matriekkind haar Wiskunde-boeke na die laaste eksamen met soveel vreugde op Facebook? (Okay, die Wiskunde-ding verstaan ek.)

Ek wonder. Goedbedoeld, elkeen se omstandighede uniek. Punt is: ek’s te oud om my en ander kinders se konteks met my eie van byna veertig jaar terug te vergelyk. Het myself voorgeneem om nooit te sê “toe ek op skool was” of “in my tyd” nie. Die wêreld is genadiglik ’n ander, beter plek.

Maar die ding sit nie lekker nie. Dan lees ek ’n filosofiese artikel deur ene A.A. Gill, gepubliseer in Vanity Fair, Desember 2012. Hy (of sy) sê baie, maar veral: “No, scrap happiness – we’ll settle for success. We gave up on happiness at about the age of six. Childhood is a war of attrition, like some grisly TV game show where the weak and the kind and the quixotic and the dreamers and the gentle get dumped at the end of each year. Only the gimlet-eyed and the obsessively competitive and the driven make it to the finish line.”

Ek dink weer aan my sesjarige, vir ’n paar ure dolgelukkig op die bank, die negejarige swetend op ’n Sondag agter sy lessenaar. Weet dan: ons maak hulle groot vir ’n ander wêreld, een met baie druk, waar alles altyd aangeskakel sal wees. Die wenstreep moet hulle haal. Maar elke nou en dan moet ook hulle rus, in pajamas, op die bank voor die TV.

Ek wens ék was weer siek, ses en vol streke. Net vir ’n dag.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

3 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

4 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

6 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.