Shepherds and Butchers vorm deel van ’n rits nuwe vollengte rolprente wat in die afgelope paar jaar danksy geldelike en kreatiewe ondersteuning van M-Net, die lig gesien het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die fliek is deur werklike gebeure geïnspireer en speel af in die politiek-onstuimige Suid-Afrika van 1987. Wanneer Leon Labuschagne (Garion Dowds), ’n 19-jarige tronkbewaarder, ’n afgryslike gruweldaad pleeg deur sewe swart mans koelbloedig dood te skiet, is die uitslag van die naderende hofsaak vir meeste ’n uitgemaakte saak en glo hulle hy sal die doodstraf kry.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die menseregte-aktivis John Weber (vertolk deur die brekroonde Steve Coogan van Philomena-faam), ’n teenstander van die doodstraf, is die enigste regsgeleerde wat bereid is om Labuschagne in die saak te verdedig. Hy vind uit dat die jong man in die dodeselle van ’n tronk gewerk het waar 164 teregstellings in een jaar plaasgevind het. Tydens die hofsaak lê Weber die traumatiese werkstoestande waarin Labuschagne moes werk, bloot en wys hy wat tot sy ineenstorting gelei het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ander bekendes in die rolverdeling is Andrea Riseborough (bekend vir haar rol in onder meer die Oscar-bekroonde Birdman), Deon Lotz, (Mandela: Long Walk to Freedom), Marcel van Heerden, Eduan van Jaarsveldt en Nicola Hanekom.
Kyk hier na die lokprent:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.