kategorieë: Reis

Shangri-La Country Hotel, Modimolle

Naam
Mariette Snyman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was
Shangri-La Country Hotel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Modimolle, Limpopo

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Standaardkamers, rondawels, gesinskamers, bestuurskamers (executive rooms), wittebroodsuites, presidensiële wittebroodsuite

Tariewe
Beskikbaar by Central Reservations: 087 943 4302 of e-pos: reservations@southofafrcia.co.za
Spesiale tariewe is ook beskikbaar by http://www.southofafrica.co.za/ en www.facebook.com/shangrilacountryhotel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Rustig … eindelik.
Romanties, vir geliefdes.

Wie almal daar was
Ek en my reismaat Willemien.

Wanneer
Julie 2012.

Waar ons oorgeslaap het
In een van die wittebroodsuites met ’n imposante hemelbed (wat is Afrikaans vir totally wasted?)

Waar ons geëet het
Ontbyt in die Bellows Restaurant (met ’n vuur in die kaggel!), aandete in die Heritage Restaurant met sy adellike atmosfeer.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die paradystuin. Die bome wat hoog, hoog, hemelhoog groei.

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Die warmte wat uit élke personeellid straal.

Ontspan … oplaas

Shangri-La is ’n “country hotel”. In die hoofgebou is jy momenteel op die Engelse platteland (hoewel ’n Britse voorkop seker sou frons oor die onmiskenbare Afrika-elemente) en buite stap jy in die Afrika-son, met die stilte wat tasbaar om jou vou en bekende voëls wat roep.

Dwaal jy oor die reusegronde, ontdek jy die funksie- en konferensiegeriewe. Daar is drie konferensielokale wat twee tot 250 afgevaardigdes kan akkommodeer, van bosberade en persoonlike groei-kursusse tot gala-aand en troues. Ons was meer geïnteresseerd in die Zen-tuin waar jy prentjies kan teken”, soos die algemene bestuurder, Ken Strydom, gesê het, en in Chime Square, ’n buitelugrestaurant-area met bamboesklingels wat net wag om met die ligte windjie te gesels.

Ons het iets van die huweliksromantiek beleef toe ’n bruid in blou tussen die swembadpoele deurgestap kom – ’n wolk van mis aan haar voete (droë ys in die water). Dis duidelik dat hier geen moeite ontsien word om elemente soos feëliggies, vuur en riviersand in te span om atmosfeer te skep nie. Pure kreatiwiteit!

Bruidspaartjies kan hul troubeloftes in die rustieke kapel aflê, maar ek sou nie een oomblik huiwer om die lieflike jakarandalaning voor die hotel as my heilige ruimte te kies nie. Die takke vat hande bo gaste se koppe en die plattelandse stilte is ’n seën op die verrigtinge.

Van beloftes alleen kan geen mens lewe nie en Shangri-La sien met flair na die innerlike om. Ons verblyf was te vinnig verby om al die signature dishes te probeer – ek wonder nou nog hoe smaak die botterskorsiesop. Ek het wel deeglik kennis geneem van die Griekse brosbrood en wil een en almal daarop wys dat jy tydens ontbyt met skerp oë moet uitkyk vir die glaskoepel waaronder dié heerlikheid skuil. Shangri-La het ons bederf met ’n piekniek by die naburige Birdsong – ’n toevlugsoord in eie reg – en ons wens nou nog daar was ’n handvol ekstra mense om die oorvloed van lekkernye te help geniet. O ja: Shangri-La het ’n egte pizza-oond, hoogaangeskrewe high teas en wynproe-aande met fynkos.

Vir my was die piekervaring om in die oggendson op ’n warmgebakte boomstomp met droë blare, boombas, vetplantjies en sade om my voete te sit. In stilte. Met ’n duif wat koer en ’n vriendin wat  woordeloosheid verstaan.

Vind die vrede by Shangri-La.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

49 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

57 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 hour Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

1 hour Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.