kategorieë: Ontspanning

Shaleen oor ‘Siener in die Suburbs’

Die nuwe weergawe van ‘Siener in die Suburbs’ behou die tydloosheid wat kenmerkend is aan die oorspronklike drama, terwyl dit ’n splinternuwe rolverdeling geniet. Na gelang hiervan kan feesgangers uitsien om bekendes soos Shaleen Surtie-Richards, Brendon Daniels en Crystal-Donna Roberts in die hoofrolle te sien. Regisseur Heinrich Reisenhofer bring ook sy intense belangstelling in menslike en sosiale kwessies na hierdie ikoniese kultuurskat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons het met Shaleen gesels om meer oor haar ervaring van dié drama uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe voel jy dat Siener weer opgevoer gaan word?
Ek dink dis ’n briljante stuk werk van P.G. en dit is hoogtyd dat dit weer gedoen word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Watter invloed, dink jy, het die nuwe toneelspelers op dié toneel?
Dit is ’n baie goeie toneelstuk en dit is werklik ’n goeie groep jong akteurs wat die rolle só beïnvloed dat dit geloofwaardig is. Hoewel ons hier en daar slegte kritiek ontvang, kry ons elke aand ná ’n opvoering luide applous, wat vir jou ’n bewys is dat die kinders iets wonderliks met die karakters doen.

Hoekom het jy ingestem om deel van die drama te wees?
Ek het nog nooit saam met Heinrich gewerk nie en ek ken al die ander toneelspelers. Ek wou baie graag saam met hulle werk. Alles was net nommerpas.

Hoe ervaar jy verhoogwerk, in vergelyking met rolle in televisiereekse en films?

Ek is mal oor teater. Die uitdaging is soveel groter, want dit is net jy, die waarheid en die gehoor, nie soos op televisie waar jy klomp kanse kry om foute reg te maak nie. Die onmiddellike tevredenheid en applous wat jy tydens ’n toneel kry, is fantasties. Ek geniet dit vreeslik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter uitdagings het jy tydens die aanmekaarslaan van die toneel ervaar?
Die rol self. Ek kan daardie vrou doodwurg! Ek het baie in die begin gesukkel om ons twee van mekaar te skei , want ek is alles behalwe so ’n armsalige, onvoltooide mens wat so afhanklik van liefde is. Dit was moeilik, want ek moes myself heeltemal eenkant plaas om dié rol baas te kon raak.

Jy gaan tydens Clover Aardklop elke dag optree. Hoe berei jy jouself voor vir die besige tyd?
Ek sorg dat ek genoeg rus. Daar is nie ’n spesifieke ding wat ek doen nie, want ’n mens floreer in so ’n lewe. Ja, jy kla en kerm oor te veel werk, maar dit is lekker en dit hou jou aan die gang. Een ding wat ek ook al geleer het, is dat as jy moeg is, doen jy soveel beter want dan gee jy al jou energie.

Siener in die Suburbs gaan elke dag tydens Clover Aardklop in die NWU-Puk Sanlam-Ouditorium opgevoer word.

  • 6 Okt 19:30
  • 7 Okt 09:00
  • 8 Okt 19:30
  • 9 Okt 09:00
  • 10 Okt 16:30

Besprekings kan deur Computicket gemaak word en kaartjies beloop R130 per persoon.

Bly op hoogte van wat die toneelspelers agter die skerms aanvang deur dié produksie se Facebook-blad te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.