kategorieë: Ons menseBekendes

Sestiende oes van ‘Boer soek ’n vrou’ op pad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soos voorheen sal dié gewilde maatsoekreeks, wat uit 13 episodes bestaan, grootliks fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het. Kykers sal dan dié hubare boere se opwindende liefdesreis volg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Boer soek ’n vrou het sedert 2008 ’n móét-kyk afspraak op die Suid-Afrikaanse televisiekalender geword en tientalle boere het al deur hierdie reeks hul lewensmaats ontmoet. Só het drie van die topvyf boere van 2023 se Boer soek ’n vrou, Francois, Hennie en Louis B, intussen met hul pasmaats getrou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Marciel Hopkins keer ook vir ’n vierde keer as aanbieder van die reeks terug.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Haar voorgangers sluit Leah van Niekerk, Minki van der Westhuizen, Nadia Beukes, Angelique Gerber en Elma Postma in.

Die ouderdom van 2024 se boere wissel tussen 23 en 40, en hulle kom van ses provinsies.

André is 31 en soek ‘n vroulike pasmaat.

Hy boer in Naboomspruit, Limpopo met vee, wild & pekanneute.

Dié sportliefhebber se hande staan vir niks rond nie. Hy is op soek na iemand wat nes hy, gretig is om die wêreld te gaan verken.

Hendri is 31 en soek ‘n vroulike pasmaat.

Hy boer in Dewetsdorp, Vrystaat met beeste & skape.

Hendri sien uit daarna om vir die liefde van sy lewe kos te maak. Hy hoop dat sy lewensmaat iemand gaan wees wat die klein dinge in die lewe waardeer.

Janco is 37 en soek ‘n vroulike pasmaat.

Hy boer in Colesberg, Vrystaat met skape, beeste & wild.

Janco wil seker maak sy toekomstige vrou voel dat sy die belangrikste vrou op die planeet is. Hy hoop dat die vrou wat hy gaan vind net so baie soos hy van die natuur en fotografie sal hou.

Lulani is 40 en soek ‘n vroulike pasmaat.

Sy boer in Philippolis, Vrystaat met beeste & skape.

Buiten die boerdery, word Lulani se lewe vervul deur bergfietsry, “trail runs” en kwaliteit tyd saam met haar honde. Sy is op soek na ‘n vrou wat kans sien om groot avonture aan te pak.

Quintus is 38 en soek ‘n vroulike pasmaat.

Hy boer in Winburg, Vrystaat met vee, saai & gemeng.

Hierdie adrenalien ‘junkie’ sê hy sal sy romantiese skoene uithaal vir iemand wat sy liefde vir dans deel. Sy droomvrou moet ook sy liefde vir die buitelewe hê.

Daandré is 26 en soek ‘n vroulike pasmaat.

Hy boer buite Brits, Noordwes met groente.

Hierdie natuurmens is op soek na ’n vrou wat sy huis soos “huis laat voel”. Hy sien uit daarna om sy liefde vir kampering, fotografie en lekker musiek met haar te deel.

Jacques is 26 en soek ‘n vroulike pasmaat.

Hy boer in Venterstad, Oos-Kaap met skape & beeste.

Hy sê hy het al klaar ’n idee van waar hy sy vrou gaan vra om te trou! Hy soek iemand wat sy terggees sal geniet.

JW is 23 en soek ‘n vroulike pasmaat.

Hy boer in Villiersdorp, Wes-Kaap met appels, pere & skape.

JW is op soek na ’n vrou saam met wie hy “road trips” kan aanpak. Sy moet ook nie gepla wees as hy hardop saam met die musiek sing nie.

Niel is 30 en soek ‘n vroulike pasmaat.

Hy boer in Dannhauser, KwaZulu-Natal met saai & vee.

Niel is ’n regte familiemens en ’n “mense mens”. Hy is reg om sy hart op sy mou te dra.

Sanel is 39 en soek ‘n manlike pasmaat

Sy boer in Dwaalboom, Limpopo met wild & beeste.

Hierdie boervrou is ‘n sosiale vlinder en ‘n passievolle mens. Sy is op soek ’n man wat standvastig is, en die Here goed ken.

Boer soek ’n vrou begin op Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) en sal op DStv Stream ook beskikbaar wees.

Lees ook: Alles wat jy van kykNET se nuwe komediereeks, ‘Pronk Primêr’ moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.