Ses vrae vir Je-Ani Swiegelaar, die geliefde Naomi Koster in 'Binnelanders'
Foto’s: Christoph Hoffmann.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Suster Naomi Koster is een van die gewildste karakters in Binnelanders. Je-Ani Swiegelaar speel hierdie rol al sedert 2012 en kykers beleef haar drama en vreugdes asof dit hul eie is. Dis ’n wonderlike voorreg, vertel sy aan Maryke Roberts.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Lees die volledige onderhoud met haar in ons Januarie uitgawe:
Ek is in die fliek My f*k, Marelize wat later vanjaar vrygestel word. Die virale video met ’n slagspreuk wat nou al só deel van die volksmond is, word ‘n vollengte speelfilm. Die rolprent speel in Windhoek af en is deur die ware gebeure wat tot die ikoniese rugbypaal-voorval gelei het, geïnspireer.
My droom vir my loopbaan is om aan die werk te bly en om die rolle wat my bang maak, te tackle. Ek wil aanhou in my taal groei en skep, maar ook opkomende akteurs leer en inspireer (en toelaat dat hulle my leer en inspireer).
Ek hou van in die natuur wees, dis hoe ek recharge. Verder is ek maar ‘n huishen. Ek verkies ’n lekker kuier en braai by my huis saam met my vriende of my honde, bo uitgaan. Ek hou van die stilte. Dan is ek ook besig om my huis op te knap.
Dis baie maklik. Wortelkoek. Ek kan dit nie eintlik ‘n skuldige plesiertjie noem nie, want ek voel nooit skuldig as ek dit eet nie.
As student het ek by Aardklop as ‘n verhoogbestuurder gewerk. Daar het ek vir die eerste keer met Lizz Meiring te doen gekry. Ek is tot vandag toe met haar in kontak. Sy is een van my mentors en help graag as ek raad of ‘n klankbord vir ‘n belaglike idee nodig het. Met daardie eerste ontmoeting het sy my na haar kleedkamer genooi en gesê sy wil gou met my gesels. Toe sê sy die volgende: “Liefie, hou op so desperaat lyk. Mense kan dit aan jou ruik en dit skrik mense af. Hou aan om te doen wat jy doen. Jou beurt gaan kom en die dag wat hy kom, gryp jy hom en jy laat hom nie gaan nie. En dan werk jy jou vingers stompies, want jy gaan moet.” Tot vandag toe volg ek haar raad. En ek dra dit ook net so aan my studente oor.
Ons is so ‘n paar vriendinne wat van universiteit af saamkom en ek het drie goeie vriendinne in die bedryf. Ons is mekaar se ‘counsel’. As dinge moeilik raak óf selfs goed gaan, check ons by mekaar in en praat mekaar moed in. Ons skroom ook nie om mekaar te korrigeer nie. Wat gesê word, word met liefde bedoel. Ons hou mekaar op die pad.
Lees ook: Die akteurspaar Mila en Bennie is ouers!
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.