Instructions
1 Voer ’n broodpannetjie met ’n inhoudsmaat van 750 ml met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.
2 Klop die eiers en heuning vir 6-7 min. in ’n groot mengbak oor ’n dubbelkoker tot lig en romerig.
3 Klop die dubbeldikroom dik en vou ’n derde van die eiermengsel by die room in.
4 Vou nou die res van die eiermengsel by die room in.
5 Gooi in die voorbereide pan en bedek met kleefplastiek.
6 Vries oornag.
Probeer ook ...
Swartbessie-en-jogurt-lollies
Gebruik 400 g fyn gemaakte swartbessies in die basiese lollieresep.
Grenadella-lemoen-en-jogurt-lollies
Vervang die 400 g vrugte in die basiese lollieresep deur 250 ml (1 k) grenadellapulp en 125 ml (½ k) lemoensap.
Botterskorsie-en-kaneel-semifreddo
Sprinkel 30 ml (2 e) olyfolie oor 1 kg botterskorsieblokkies. Strooi 5 ml kaneel oor en rooster vir 25-30 min. of tot goudbruin en sag. Verwerk met ’n stokmenger tot fyn en laat heeltemal afkoel. Vou by die basiese resep in.
Geroosterde vy-roosmaryn-en-haselneut-semifreddo
Vou 4 oopgesnyde vye, 30 ml (2 e) botter, 30 ml (2 e) heuning en 3 roosmaryntakkies in foelie toe en rooster vir 15-20 min. of tot sag. Haal die roosmaryn uit maar hou die vye en sous eenkant. Kap die vye ruweg en vou dit saam met die oorblywende sous in die basiese resep in.
Gekaramelliseerde piesang-en-karamel-semifreddo
Braai 4 geskilde en gesnyde piesangs oor matige hitte in 30 ml (2 e) botter en 30 ml (2 e) suiker tot gekaramelliseer. Laat afkoel. Vou die piesangs by die basiese resep in. Klop 125 ml (½ k) geblikte karamel tot glad. Meng die karamel met ’n stokkie of mespunt liggies deur die semifreddo om ’n marmereffek te kry.
Grondboontjiebotter-en-springmielie-semifreddo
Vou 80 ml (1/3 k) grondboontjiebotter in by die basiese resep. Vou ’n groot hand vol gekaramelliseerde springmielies in die semifreddo in net voor dit gevries word.