kategorieë: DekorLeefstyl

Sement-dekor

Daar is klein sement-items wat jy by jou huis se dekor kan byvoeg, soos kershouers, blompotte, planthouers en lampe. Dan is daar ook die groter produkte soos tafels, stoele, muurpanele en ander meubels wat ’n groter indruk maak. Dit is jou keuse hoe jy dit wil inkorporeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy het natuurlik ook die opsie om die sement-voorkoms te kul. Byvoorbeeld, beddegoed met dieselfde skakering grys as natuurlike sement gee reeds daardie illusie. Gebruik dan langs die bed ’n sementtafeltjie. Binnenshuise plante is ’n natuurlike byvoegsel vir hierdie tipe styl. Muurpapier is ook ’n wenner, omdat jy deesdae enige afwerking/ontwerp kan kies. Robin Sprong Wallpaper bied ’n verskeidenheid opsies. Die grys kleur van sement is soos ’n denimbroek, dit pas by enige kleur! Werk dus met ’n verskeidenheid ander kleurskema’s wanneer jy sement gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Doen-dit-self

Met ’n paar maklike stappe kan jy ook klein projekte aanpak waar jy jou eie items maak. By Brights is daar opsies om klein sakkies sement-tipe poeier aan te koop (5 kg-sakkies). Hiermee kan jy ’n paar goedjies maak. Al wat jy benodig is karton-houers (soos boksies) om jou sement in een plek te behou sodat dit hard en droog kan word. Verskillende groottes boksies kan gebruik word om jou eie sementblokke te maak. Daarop kan jy verskillende glaspotjies uitstal met blomme. Sement is ’n baie maklike produk om mee te werk – speel ’n bietjie ronde en kyk wat werk. Die sement moenie te loperig aangemaak word nie, anders sal dit die karton te vinnig nat maak en veroorsak dat die vorm verlore raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verskaffers

Concreative – www.concreative.co.za
FLOAT concrete – www.floatdesign.co.za
Hello Pretty – www.hellopretty.co.za
Mr. Price Home – www.mrphome.com
Robin Sprong Wallpaper – www.robinsprong.com
Superbalist – www.superbalist.com
Linen House – www.linenhouse.co.za
Weylandts – www.weylandts.co.za
Woolworths – www.woolworths.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

7 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

17 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.