Foto: Pexels
Beurtkrag maak dit meer belangrik om te verstaan hoe om jou selfoonbattery se lewe te verleng. Wanneer dit kom by die selfoonbatterye is kleiner beter. Dit is nie die grootte nie, maar die stamina wat tel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
1. Moenie jou selfoon gebruik terwyl dit laai nie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Status: Onwaar!
Jy kan jou selfoon gebruik terwyl dit laai as jy ‘n laaitoestel van goeie gehalte gebruik.
2. As jy herlaaiers van onbekende handelsname gebruik, kan dit jou battery vernietig
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Status: Onwaar
Tot ’n mate, jy moet goedkoop namaaksels vermy. Die algemene reël is as jy die toestel in die winkel verkoop dan is dit veilig. As jy dit op ‘n straathoek koop, is dit nie veilig nie.
3. Dis skadelik as jy jou selfoon die hele nag laai
Status: Onwaar
Jou slim foon is, wel, ’n slim foon. Sodra dit ten volle gelaai is, hou dit op laai. Jy kan dit wel afskakel as dit gelaai is om energie te bespaar.
4. Skakel jou selfoon af, dis goed vir jou battery
Status: Waar
Kenners meen dit is goed om jou selfoon ten minste een keer ’n week af te skakel om jou selfoon battery te spaar.
5. Wag totdat jou battery heeltemal af is voor jy dit herlaai
Status: Onwaar
As jy wag tot dit heeltemal pap is, is dit sleg vir jou battery. Herlaai jou foon as dit ‘n kapasiteit van 40% bereik.
6. Hitte beskadig jou battery
Status: Waar
Selfs uiterste koue sal jou battery ruïneer (moenie jou foon in die yskas op son plaas nie).
*Koop ’n noodgeval krag-apparaat. Hulle is klein genoeg om in jou binnesak te pas
* Verwyder toeps wat krag vreet
* Skakel ‘’sync’’ af as jy nie direkte e-pos of onmiddellike tweet -waarskuwings benodig nie
*Skakel Bluetooth, WiFi en GPS af wanneer jy dit nie benodig nie
*Skakel ‘’widgets’’ en “live” plakpapier af
*Draai die glans van jou selfoon skerm af
* Verander na ’n dowwer agtergrond-beeld
*Dateer jou toeps op (die jongste weergawes gebruik minder batterykrag)
* As jou selfoon battery gedaan is, is dit dalk tyd vir ’n opgradering
Lees meer by www.phonefinder.co.za
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.