kategorieë: rrRadio

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan mal wees oor ons nuwe reekse

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan mal wees oor ons nuwe reekse deur Hannelie Diedericks. Hooffoto: iStock/mihailomilovanovic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jippie! Seisoen 3 is hier!

Seisoen 3 het aangebreek op rrRADIO, die gratis podsendingskanaal vir vroue. Jy kan nou na twee splinternuwe boeiende reekse luister – én aanhou luister na ons bestaande reekse.

Lees ook: Wat is podsendings en hoe werk dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die maand sien twee nuwe reekse die lig op rrRADIO en drie van die vorige gunsteling-reekse word verleng.

Wat’s nuut?

In ons nuwe vervolgverhaal, Lam in Wolfsklere, geskryf deur Bernette Bergenthuin, en voorgelees deur Elma Postma, hoor ons van die doen en late van Amie Kühn, ’n belowende jong prokureur wie se byna perfekte lewe ná ’n liefdesteleurstelling in ’n oogwink verander.

Ons diere & hul giere is ons nuwe troeteldierreeks wat elke troeteldierliefhebber nie sal wil misloop nie.

iStock/martin-dm

Goeie nuus – dis steeds gratis!

… En maklik om na te luister. Ons wys jou hoe.

Die rrRADIO-podsendings kan direk vanaf ons webwerf gespeel word. Klik net op die pienk knoppie!

Klik hier om na ons afdelings toe te gaan.

Die podsendings-reekse is ook beskikbaar op iTunes, Player.FM, Pocket Casts, Spotify en Google Podcasts.

As jy dit op jou slimtoestel wil aflaai om later daarna te luister kan jy die stappe volg op ons maklike, stap-vir-stap gids

Stuur gerus ’n e-pos aan rrradio@caxton.co.za vir meer inligting.

iStock/Antonio_Diaz

Goed, so waarna kan ek uitsien?

Ons het vyf wonderlike reekse waarna jy moet luister! Loer hier …

Lees ook: Die rooi rose-redaksie se gunsteling-podsendings – buiten rrRADIO, natuurlik!

Maandae: Ons diere & hul giere

Hoekom trek my papegaai sy vere uit? Wat beteken dit as my kat só maak? En wanneer moet ek bekommerd wees oor my hond se streke?

In ons nuwe troeteldierreeks gesels Ilse Salzwedel met verskeie veeartse en troeteldierkenners oor belangrike onderwerpe waaroor troeteldiereienaars dikwels wonder.

Wanneer: Elke tweede Maandag, vanaf 09h00. Die eerste episode word op 2 Maart uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Dinsdae: Tussen Ons Seisoen 3

In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ’n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref.

Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans?

Wanneer: Elke Dinsdag vanaf 09h00. Die eerste episode word op Dinsdag 25 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na ons vorige twee seisoene:

In Seisoen 1 het ons gesels oor gelukkige verhoudings en seksuele gesondheid en in Seisoen 2 het ons gesels oor ’n positiewe selfbeeld en om jou verhouding met jouself te verbeter.

Woensdae: Tee & Taai Toffies

In hierdie gewilde reeks gesels Ilse Salzwedel met ’n klomp nuwe, interessante glansmense en bekendes en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los.

Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor!

Wanneer: Elke tweede Woensdag vanaf 09h00. Die volgende episode word op 26 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na al ons vorige gesprekke

Donderdae: Lam in Wolfsklere

In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel aktrise Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn.

Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan met die aantreklike Gerhard Vosloo uit.

Maar die perfekte prentjie stort in duie toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie.

Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein, en die poppe begin dans.

Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese advokaat Caro Marx, weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie.

Wanneer: Elke Donderdag vanaf 09h00. Die eerste episode word op 27 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na ons vorige verhale, Botox, Barbies en Bietse:

En Dans met die rooi rok

Vrydae: Ka-Tjieng! Seisoen 2

Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en hul geldsake.

Anet Schoeman praat in die eerste paar episodes met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hulle finansieel verantwoordelik en paraat te
maak.

Wanneer: Elke tweede Vrydag vanaf 09h00. Die eerste episode word op 6 Maart uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.