Seer voete: Het jou voetkussinkies te min vet? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/spukkato
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Ons voete is so gemaak dat hulle ons laat voel asof ons op wolkies loop. Hierdie “wolkies” onder ons voete is eintlik niks anders as vetkussinkies nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }As jy ’n kind is, is hulle op hul dikste, en elke tree voel asof jy op ’n malvalekker trap. Namate jy ouer word, slyt jou voetvetkussinkies … en dan word staan en stap ’n harder werklikheid. Letterlik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Soos die naam aandui, is hulle die vet onder jou voete – die een plek aan jou waar vetjies welkom is. Hulle is strategies geplaas om reg onder jou hakbene en die bal van jou voet op hul dikste te wees, waar hulle die impak van jou been op die oppervlak daaronder absorbeer.
Podiater Philip Carstens verduidelik dat jou voetkussinkies kan wegslyt. “Mense bo veertig se voetkussinkies is weens te veel voetdruk omtrent die helfte dunner as jong mense s’n.”
Jy kan om baie ander redes voetpyn hê, soos beentjies wat ineengroei, ’n voetbrug wat sak, of fasitis. Die tekens van voetpyn weens dun voetvetkussings is egter tipies, sê fisioterapeut Anzél Brink. “Dit voel asof jou voete gekneus is, asof daar bloukolle onder elke voet is. Dit is veral seer ná jy ’n paar uur op jou voete was, soos as jy inkopies gedoen het. Jou voetsole kan ook teer voel na sport. Soos die kussinkies dunner raak, kan jy ’n al korter tydjie op jou voete bly voor jy voetpyn begin ervaar – eintlik ’n tamheid of teerheid in die voetsole.”
Bernie Fouché sê dit voel vir haar asof sy op ’n mes staan. “Ek kan glad nie kaalvoet loop nie. Enige harde oppervlak soos houtvloere en teëls vang my. As ek buite op die geringste klippie trap, klief die pyn in my gebeente in. Ek hou van toer maar verlede keer was ek behoorlik voetseer ná ek net ’n uur of twee gestap het. Stort word ook vir my erg. Ná ’n paar minute is die vloer te hard vir my.”
“Voortdurende druk op jou voete laat die vet in die voetkussinkies geleidelik atrofeer, en nuwe vet word nie neergelê nie. Ons sien dit veral by mense wat baie op hul voete is, soos balletdansers en atlete wat gereeld lang afstande draf. Hoe langer jy swaar druk op jou voete sit, hoe groter is die kans dat jou kussinkies uitslyt, sê Philip.
“Jy kan ook meer hiermee sukkel as jy oorgewig is (veral met ’n BMI bo 30), diabetes het, in jou werk moet staan, meestal kaalvoet op harde oppervlakke loop, harde skoene dra en hoëhakskoene dra wat die gewig grootliks op die bal van die voete plaas.
“Mense met spesifieke voettipes kan ook meer sukkel, soos dié met maer voete sonder veel kussing, ’n hoë voetbrug wat die druk opdie voetbal of hak verhoog, platvoete of stywe, kort ligamente.”
Lees ook: Kruie vir jou voete
1 Kry professionele hulp
Maak twee afsprake: een by die podiater vir skoeninsetsels en een by die fisioterapeut om moontlike inflammasie op te los en vir advies oor jou loop- en staanpatrone.
2 Loop meer kaalvoet
Jou ma was reg oor kaalvoet loop. Loop van jongs af soveel kaalvoet as wat jy kan – en laat jou kinders kaalvoet loop.
Maar wáár jy kaalvoet loop is belangrik. As jy kaalvoet loop moet dit op sagter oppervlakke wees, soos gras en sagte matte.
3 Kyk waar jy kaalvoet loop
Kaalvoet op gelamineerde hout en teëls is glad nie so goed vir jou voete as jy bo dertig is nie. As jy eelte ontwikkel, loop jy op té harde oppervlakke of skoensole.
Dra altyd skoene met sagte sole as jy op harde oppervlaktes staan of loop. As jou voete seer raak, is dit beter om altyd sagte, gemaklike skoene te dra wat jou voete baie vryheid toelaat. Jy het nie veel keuse buitenshuis nie maar dra tuis altyd sagte skoene soos crocs, plakkies of pantoffels.
4 Sit (soms) ’n bietjie!
Lang ure op jou voete plaas die soort druk op jou voete wat voetkussings laat agteruit gaan. As jou werk behels dat jy baie staan moet jy van dertig af sorg dat jy so baie as moontlik wissel van staan na sit. Dit help al klaar as jy elke halfuur of selfs elke uur net vir vyf minute die druk van jou voetkussinkies afhaal.
Wanneer jy sit, doen die voetoefeninge hieronder.
5 Fiksheid is goed vir jou voete
Enige sportsoort of gimoefening versterk jou voetspiere, wat sorg dat jou voetstrukture in posisie bly – die beste manier om voetfunksie te behou.
Aan die ander kant moet jy onthou dat te veel oefening, oefening in skoene wat nie die impak kan hanteer nie en oefening op harde oppervlaktes soos gimvloere, tennis- en muurbalbane en op binnenshuise netbal- en krieketbane, juis skade aanrig aan jou voete.
Swem, pilates, NIA, fietsry – enige lae-impakoefening – is reg.
6 Goeie oefening vir jou voete
Strek is só maklik en só doeltreffend om voetpyn weens dun voetkussings te help beperk.
7 As jy skoene soek koop, koop agter die sole aan
Los die skoenydelheid. Skoene met harde sole en hoëhakskoene is nie jou geld werd nie, maak nie saak hoe duur of hoe groot hul naam is, of hoe mooi of selfs hoe goedkoop hulle is nie.
(As hulle onweerstaanbaar mooi is: As jy hulle met ’n binnesool kan dra, kan dit werk. Of kan jy hulle dra net wanneer jy regtig indruk wil maak, of as jy weet jy gaan meestal sit en minder as ’n uur werklik op jou voete wees?)
8 As jy skoene koop, kyk heel eerste na die skoen se sool
Vir jou is die skoensool die belangrikste deel van die skoen – dit is belangriker as leer, styl of prys.
Is dit sag? Kan dit meegee? Is dit gekussing onder jou voetbal en onder jou hak? Eers daarna kyk jy na styl en die prysetiket.
Lees ook: Hoe jy jou voete mooi en gesond kan hou
9 Koop goeie binnesole vir jou skoene
Dit werk veral goed in winterskoene en stewels. Die sportwinkels hou binnesole aan wat vir sport ontwikkel is en dus uitstekend vir skokabsorbering is. Dié soort sole is tipies dikker onder die voetbal en hak, en vul die voetholte op. Belê liewer in hierdie soort sole as die dun soolinsetsels wat oraloor ewe dik bly.
Vier nuttige wenke oor binnesole:
10 Koop altyd die beste skokabsorberende sportskoene wat jy kan bekostig
Sportskoene móét impak kan absorbeer. Sien hierdie as ’n belegging.
11 Bederf jou voete gereeldmet ’n voetspa as voetpyn pla
Hierdie tuis-voetspa is heerlik vir moeë, seer voete
Lees ook: Die beste raad vir voetswamme
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.