Metode Besoek www.drostdyhof.com/za vir meer oor die handelsmerk.Seekospotjie met heerlike witwyn
Ingredients
Instructions
1. Maak ’n vuur en sorg dat jy genoeg kole het om die potjie gaar te maak.
2. Giet 125 ml Drostdy-Hof Chardonnay in ’n mediumgroot gietysterpotjie en verhit tot dit saggies kook. Plaas die mossels en garnale daarin, sit die deksel op en stoom vir 5 minute. Die garnale is gaar wanneer hulle pienk is. Verwyder enige mossels wat nie oopgemaak het nie. Haal uit die potjie en hou die vloeistof vir gebruik later.
3. Verhit die olie in die potjie en braai die uie, seldery, vinkel en knoffel liggies tot hulle sag is. Roer die meelblom in en braai vir 3 minute. Voeg die oorblywende 125 ml wyn stadig by en roer terwyl jy dit doen. Verhit tot dit saggies kook.
4. Voeg nou die aftreksel, bouquet garni en jong aartappels by. Voeg sout en swart peper na smaak by.
5. Voeg die vis, melk en room by sodra die aartappels sag is. Laat prut vir vyf minute en plaas dan terug die skulpvis asook die vloeistof wat jy uitgehou het, roer om al die bestanddele te laat kombineer.
6. Bring die potjie weer tot prut en verwyder dan van die hitte. Voeg sout en peper by na smaak asook die opgekapte pietersielie. Bedien met brood vars uit die oond en ’n glas verkoelde Drostdy-Hof Chardonnay.
Seekospotjie met Drostdy-Hof Chardonnay