Instructions
Garnaal-saganaki
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Verhit die olyfolie in ’n pan oor matige hitte. Braai die uie en knoffel vir 3 min. daarin tot sag. Voeg die witwyn by en prut vir 2 min. tot die vloeistof verdamp het. Voeg die tamatie (met sous) en orego by. Verlaag die hitte en prut vir 10 min. tot die sous verdik. Geur met sout en peper.
2 Skep die sous in ’n oondvaste bak en pak die tamatiekwarte daarop. Breek die fetakaas ruweg oor die sous.
3 Druk die garnale tussen die fetastukkies in. Sprinkel die ekstra olyfolie oor en bak vir 20 min.
4 Haal uit die oond. Strooi die pietersielie oor en sit met plaasbrood voor.
Mossels oor die kole
1 Braai die uie en knoffel in ’n groot, diep kastrol in die olie tot sag.
2 Gooi al die mossels in die kastrol en gooi die wyn by. Sit die deksel op en laat die mossels vir 5-6 min. stoom.
3 Loer of al die mossels oopgegaan het. Indien nie, stoom vir nog sowat 3 min. Gooi die mossels weg wat steeds toe is. Breek die boonste skulpies af en pak die onderste skulpe met die mossel in op ’n bord.
Mossels met geurige krummels
1 Verhit die olyfolie in ’n pan. Braai die brandrissie en heel knoffelhuisies vir 2 min. daarin. Voeg die broodkrummels by en braai saam tot die krummels goudbruin verkleur. Skep uit op kombuispapier en dreineer. Hou eenkant. Roer die parmesaan en suurlemoenskil deur die afgekoelde krummels en geur met ’n knypie sout.
2 Meng die botter en die room en skep ’n klein bietjie daarvan op die mossels.
3 Strooi die broodkrummels oor en braai die mossels oor die kole tot hulle deurwarm is. Eet sommer van die kole af.
Spaanse chorizo-mossels
1 Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die uie daarin tot sag. Voeg die sjerrie by en kook vir 1 min. Voeg die tamatiepasta, aftreksel en tiemie by en prut vir 5 min. tot die vloeistof wegkook. Voeg die chorizo-blokkies by
2 Skep die sous oor die mossels en braai oor die kole tot hulle deurwarm is. Eet direk van die kole af.
Calamari-tentakels in tamatiesous
1 Sit die rooi ui, seldery en knoffel in ’n dikboomkastrol en laat sweet stadig oor lae hitte tot sag.
2 Voeg die wyn by en kook tot dit met die helfte verminder het. Voeg die tamaties by, verlaag die hitte en laat prut vir sowat 20 min. Roer die olywe deur en geur met sout en swartpeper na smaak.
3 Voeg die calamari-tentakels by die warm tamatiesous. Prut vir nog 2 min. tot die tentakels sag is. Moenie die calamari oorgaar maak nie, anders word dit taai.
4 Gooi olyfolie oor en strooi die pietersielie oor. Sit met krakerige brood voor.
Gevulde calamaribuisies
1 Verhit die olyfolie in ’n pan. Braai die uie, knoffel, pimento en kaneel daarin tot die uie sag is. Voeg die rys by en roer tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die water by en kook tot gaar.
2 Haal van die hitte af en roer die korinte, dille, kruisement, pietersielie en dennepitte by. Laat staan eenkant om af te koel. Krummel die kaas in en roer deur.
3 Skep die vulsel versigtig in die calamaribuise en steek met ’n tandestokkie vas.
4 Smelt die botter en olyfolie in ’n pan en braai die buise daarin tot goudbruin aan alkant. Sny die buise middeldeur as hulle groterig is om die hapslag makliker te maak.