1 Verhit die botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Braai die spek vir 6-8 min. of tot krakerig, haal uit die kastrol en hou eenkant. 2 Braai die ui, knoffel en brandrissie vir 5 min. of tot die ui sag is. Voeg die seldery, prei en vinkel by en braai vir nog 2 min. 3 Voeg die witwyn, hoenderaftreksel en room by, geur met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 15 min. prut. 4 Voeg die mossels en spek by en prut vir nog 5 min. of tot die mossels gaar is. Voeg die pietersielie by en sit voor met krakerige brood.