Seekos chowder
Serves: 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 30 g botter
- • 200 g repiesspek
- • 1 ui, fyngekap
- • 15 ml (1 e) knoffel, fyngekap
- • 1 rooi brandrissie, fyngekap
- • 1 selderystokkie, fyngekap
- • 2 preie, dun gesny
- • 100 g vinkel, fyngekap
- • 80 ml (⅓ k) witwyn
- • 750 ml (3 k) hoenderaftreksel
- • 250 ml (1 k) room
- • sout en swartpeper
- • 500 g mossels, skoongemaak
- • hand vol pietersielie, fyngekap
Instructions
1 Verhit die botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Braai die spek vir 6-8 min. of tot krakerig, haal uit die kastrol en hou eenkant.
2 Braai die ui, knoffel en brandrissie vir 5 min. of tot die ui sag is. Voeg die seldery, prei en vinkel by en braai vir nog 2 min.
3 Voeg die witwyn, hoenderaftreksel en room by, geur met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 15 min. prut.
4 Voeg die mossels en spek by en prut vir nog 5 min. of tot die mossels gaar is. Voeg die pietersielie by en sit voor met krakerige brood.
Karlien Meiring
Lees Meer
Vinnige salmpasta
18/12/2024
Verleng die lewe van jou swembroek
18/12/2024