(Die resep is vir panbraai, maar dit kan vir braai op die kole aangepas word)
4 ribfilette (rib-eye steaks), sowat 2,5 cm dik
30ml olyfolie
seesoutvlokkies
vars gemaalde swart peper
Vir die sampioensous:
30ml botter
30ml olyfolie
30ml fyn gekapte knoffel
300g gemengde sampioene soos portabellini, king oysters, porcini en knopie, gekap
125ml Sedgwick’s Original Old Brown
12 ml dubbeldikroom
10ml donker sojasous
vars gemaalde swart peper
Instructions
1. Laat die ribfilette toe om kamertemperatuur te bereik. 2. Braai die sampioene in die botter en olyfolie in ’n swaarboompan oor medium tot hoë hitte. Voeg die knoffel by en gooi sout en peper na smaak by. Hou eenkant in die pan. 3. Verhit ’n geriffelde pan tot rokend warm. Borsel elke ribfilet met olyfolie en gooi sout en peper na smaak oor aan albei kante. Skroeibraai vir 2 minute aan elke kant. 4. Verwyder die ribfilette uit die pan en plaas op ’n warm bord om te rus terwyl jy die sous maak. 5. Ontglans die vuurwarm, geriffelde pan met die Sedgwick’s Original Old Brown. Plaas die sampioene met hul sap in die pan en gooi die sjerrie daaroor. Voeg die room, sojasous en ’n bietjie swart peper by. 6. Bedien die warm ribfilette met die sampioensous.