kategorieë: Leef gesondGesondheid

Sê jou man jy is doof? Dalk moet jy hom glo …

’n Mens huiwer oor gehoorapparate. Dit is duur … en jy is darem nog nie so doof nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar jou huiwering kan jou juis meer doof laat word as wat nodig is, sê Yolandé van der Westhuizen, oudioloog van Centurion.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Jy verloor een deel van jou gehoor weens veroudering van jou gehoorseunuwee, maar jy verloor ook ’n deel van jou gehoor omdat jy nie jou gehoor bly stimuleer nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gehoor gebeur in twee stappe, verduidelik sy:

  • Eerstens stimuleer klanke (wat eintlik frekwensies is) jou gehoorsenuwee, wat dit as impulse na die brein oordra.
  • Die tweede fase is die belangrikste: jou brein interpreteer die impulse en maak sin daarvan. Jy hoor omdat jou brein die impulse as klanke, woorde en sinne ‘verstaan’.

“Namate jy ouer raak, is dit normaal dat dele van jou gehoororgane effens agteruitgaan. Dus kan sekere klankfrekwensies nie meer na jou brein oorgedra word nie. Dit veroorsaak normale gehoorverlies weens veroudering. Jy is dus deels doof bloot omdat jou gehoorsenuwee verouder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Maar nou tree die bykomende gehoorverlies in: aangesien jou gehoororgane nie meer sekere klankfrekwenies na jou brein stuur nie word die deel van die brein wat hierdie klanke moet interpreteer ook nie meer veel geprikkel nie.

“Ons weet die brein is ‘plasties’. Met ander woorde: stimuasie hou hom aktief, terwyl ’n gebrek daaraan hom laat verswak. Die dele wat nie geprikkel word nie gaan dus agteruit en verloor mettertyd die vermoë om hierdie klanke te interpreteer. Ons noem hierdie bykomende doofheid voorkombare gehoorverlies. Jy raak dus addisioneel doof omdat die brein nie meer geprikkel word nie.

“As jy niks aan jou effense doofheid doen nie, verswak die senuwees wat die klank aan jou brein moet oordra, plus die deel van die brein wat dit moet interpreteer.

As jy egter ’n gehoorapparaat begin gebruik, versterk dit die toonhoogtes waarmee hy begin sukkel, én dit hou die deel van die brein wat dit moet interpreteer aktief gestimuleer.

Lees ook: 6 groepe mense wat ’n eie oudioloog benodig. Is jy een?

Hoe gereeld moet jy toets of jy doof is?

Die logiese is om jou gehoor te laat toets sodra jy vermoed jy hoor swakker. Die probleem is dat gehoorverlies geleidelik toeslaan. Die meeste van ons besef nie hoe sleg ons hoor nie – nie voor ons al taamlik doof is nie.

Tog verklap alledaagse dingetjies dat jou gehoor nie meer is wat dit was nie. Jy kan jouself tuis toets, met hierdie vraelys, 9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Afgesien van ’n gereelde self-toets vir doofheid moet jy ten minste een keer in jou dertigs en een keer in jou veertigs jou gehoor laat toets. Vanaf jou vyftigs behoort jy elke drie jaar jou gehoor te laat toets.

Lees ook: 11 gesondheidsondersoeke wat vroue moet doen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

Deur Maretha Botes   Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir  National Geographic geneem.…

22 mins Gelede

Nuwe gesig in ‘Skemergrond’: ‘Kirby bring baie pret én hartseer saam met haar’

Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak…

42 mins Gelede

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

3 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

3 days Gelede

Tamatietert

Hierdie is my vriendin Anita se smullekker resep. Genoeg vir vier.

3 days Gelede

Oosterse waatlemoenslaai

Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.