Foto: pexels
Op Saterdag, 19 Mei 2018, word ’n Mars vir Vaderskap in die Pretoriase Botaniese Tuine as deel van ’n Parkrun-geleentheid gehou. Dit is deel van die SAVF se aktiwiteite rondom Gesinsdag wat op 15 Mei plaasgevind het.
Deelnemers sal saamloop om die belangrikheid van positief betrokke pa’s te beklemtoon.
Enigeen wat wil saamloop, kan die SAVF teen 07h45 binne die ingang na die Tuine ontmoet. Gratis registrasie by www.parkrun.co.za is nodig om te kan deelneem.
Vir meer inligting, skakel Erna Rheeder, [email protected] of 084 383 9417.
Lees ook: Pa-wees: Is jy mans genoeg?