Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale Sauvignon Blanc Dag op Stellenbosch gevier het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die Stellenbosch Rolbalklub se lede het hom hand gee met die reëls en puntetellings, terwyl joernaliste, wynmakers en bemarkers met ‘n glas van hul gunsteling Sauvignon, hul slag met die balle getoon het. Dis die derde jaar wat die rolbaldag gehou is en RJ Botha, voorsitter van die Sauvignon Blanc SA-vereniging en keldermeester by Kleine Zalze Wyne, vertel daar is op rolbal besluit, “omdat jongmense dit trendy – soos Sauvignon Blanc – vind en dis ook nie so tegnies soos onder meer gholf nie. Iemand kan dit vinnig leer speel en die interaktiewe spel leen hom tot netwerk tussen spanlede asook tussen verskillende spanne. Dit is in die eerste plek die doel om ‘n netwerkgeleentheid met die fokus op Sauvignon Blanc te skep.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Spanne is voor die tyd ingedeel en elke groep het iemand uit elke bedryf ingesluit, Uit die 24 spanne wat deelgeneem het, is die wenspan (Anton Oosthuizen – Beveratech, Estian de Wet – Constantia Uitsig, Carel Botha – Le Grand Chasseur en Johannes Richter – Wineland Media) aangewys en hulle het met heerlike pryse weggestap.
Van die 120 wyne wat deelnemers kon proe, was 100 van oorsee en 20 plaaslik, maar dit was gou duidelik dat ons patrioties Suid-Afrikaans is, want die plaaslike wyne was eerste opgedrink! Die style was ook lekker uiteenlopend en het gehoute, ongehoute, verouderde en jonger wyne ingesluit. Die oorsese wyne het van Oostenryk, Frankyk en Italië gekom en die diversiteit van Sauvignon Blanc goed vertoon.
Tussen die gesels en gespeel deur, kon deelnemers aan roosterkoek met konfyt en kaas, of biltong of snoekpatee; braaibroodjies en worsrolletjies smul.
Daar was altesaam 24 wynprodusente wat in die 24 spanne opgedeel is. Een van die bekende gaste wat deel van die prettige dag was, is Anzél Rabie van die gewilde televisieprogram, “Anzél in die Boland”.
Die gewildheid van Sauvignon Blanc kan nie betwyfel word nie. Van die totale wingerd-oppervlakte van 87 848 ha is 55% wit en 45% rooi druiwe; waarvan Sauvignon blanc 10 028 ha (11.4% van alle kultivars) beslaan.
Sauvignon blanc het met 7.6% gegroei, ten spyte van die feit totale aangeplante oppervlakte oor 10 jaar met 11.9% gedaal het. Aanplantings van dié kultivar het die afgelope jaar ook met 41 ha toegeneem. Die binnelandse verbruik het ook van 14481484,18 liter tot 15321441,76 van 2022 tot 2023 toegeneem.
Al meer wynliefhebbers ontdek ook die veelsydigheid van die druif en veral gehoute, en verouderde Sauvignon Blanc. Die hele idee dat net rooiwyne beter smaak met veroudering, is vinnig besig om te verdwyn en die verouderingspotensiaal van witwyne, soos Sauvignon Blanc is nou ‘n lekker besprekingspunt.
Maar ‘n rolbaldag om ‘n internasionale wyndag te gedenk, is nie al waarmee die Sauvignon Blanc SA-span besig is nie.
Die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10 kompetisie se inskrywings open op 25 Junie; die beoordeling word van 27-29 Augustus gedoen en die #SauvignonBlancSA Gholfdag word op 30 Augustus by die Stellenbosch Gholfklub gehou.
Die wenners van die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-toekennings vir 2024 word op 16 Oktober aangekondig.
Lees ook: Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.