uitgedrukte sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
60 ml (4 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) olyfolie
50 g botter
3 knoffelhuisies, gekap
3 ansjovisfilette
60 ml (¼ k) kappertjiesaad, gedreineer
250 g (1 klein pakkie) rooi kersietamaties
250 g (1 klein pakkie) geel babatamaties
30 ml (2 e) olyfolie
goeie growwe sout soos Maldon
3 k vars broodkrummels
’n hand vol vars tiemieblaartjies
500 g (1 pak) vars pasta
’n hand vol balsemkruidblare
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Instructions
Meng die suurlemoensap en skil en olyfolie en geur met sout en peper. Hou eenkant.
Verhit die botter en olie. Voeg die knoffel, ansjovis en kappertjiesaad by. Soteer vir 1-2 min. tot die knoffel sag en die ansjovis gesmelt is. Voeg by die suurlemoenmengsel.
Rooster intussen die tamaties. Pak hulle op ’n bakplaat uit, sprinkel die olyfolie oor en geur met sout. Rooster tot hulle begin bars. Haal uit en hou eenkant.
Sit die broodkrummels op ’n bakplaat. Gooi die gesmelte botter en die tiemie oor. Meng goed tot al die krummels met die botter bedek is. Bak vir 4-5 min. of tot goudbruin en bros.
Kook die pasta vir 4 min. in borrelende soutwater, of tot al dente. Dreineer.
Sit die pasta in ’n groot bak en meng die suurlemoensous en broodkrummels deur. Voeg die tamaties en balsemkruid by. Sit dadelik voor.