Sappige, pikante pasta
Serves: 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- uitgedrukte sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
- 60 ml (4 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 50 g botter
- 3 knoffelhuisies, gekap
- 3 ansjovisfilette
- 60 ml (¼ k) kappertjiesaad, gedreineer
- 250 g (1 klein pakkie) rooi kersietamaties
- 250 g (1 klein pakkie) geel babatamaties
- 30 ml (2 e) olyfolie
- goeie growwe sout soos Maldon
- 3 k vars broodkrummels
- ’n hand vol vars tiemieblaartjies
- 500 g (1 pak) vars pasta
- ’n hand vol balsemkruidblare
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
Instructions
- Meng die suurlemoensap en skil en olyfolie en geur met sout en peper. Hou eenkant.
- Verhit die botter en olie. Voeg die knoffel, ansjovis en kappertjiesaad by. Soteer vir 1-2 min. tot die knoffel sag en die ansjovis gesmelt is. Voeg by die suurlemoenmengsel.
- Rooster intussen die tamaties. Pak hulle op ’n bakplaat uit, sprinkel die olyfolie oor en geur met sout. Rooster tot hulle begin bars. Haal uit en hou eenkant.
- Sit die broodkrummels op ’n bakplaat. Gooi die gesmelte botter en die tiemie oor. Meng goed tot al die krummels met die botter bedek is. Bak vir 4-5 min. of tot goudbruin en bros.
- Kook die pasta vir 4 min. in borrelende soutwater, of tot al dente. Dreineer.
- Sit die pasta in ’n groot bak en meng die suurlemoensous en broodkrummels deur. Voeg die tamaties en balsemkruid by. Sit dadelik voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Eiers gevul met aspersiepunte en bloukaas
17/04/2025
Suurlemoen-en-klapper-skywe
17/04/2025
Papawersaad-en-suurlemoen-koek
16/04/2025