Koop hierdie vrugte, wat bekend staan as pitvrugte, as hulle geurig ruik en nog ferm is, maar effens meegee wanneer jy daaraan druk. Pitvrugte is baie bederfbaar en kneus maklik - sit hulle liefs in die yskas, maar moenie afspoel voor jy hulle in die yskas sit nie. Maak seker daar is genoeg ruimte tussen elke vrug. Blitsidees met pitvrugte - Lê oorryp pitvrugte in. Hulle vries ook uitstekend. Maak souse, roomys of konfyt daarvan.Geurige perskes
Instructions
- Pitvrugte is perfek vir konfyt en jellies omdat hulle ’n baie hoë pektieninhoud het.
- Bedruip met heuning, rooster in die oond, oor die kole of in ’n riffelpan. Sit voor met Franse roosterbrood of roomys as vinnige ontbyt of nagereg.
- Gebruik nektariens, perskes en pruime in slaaie saam met gorgonzola-kaas, parmaham, roketblare en dennepitte.