Die Sanlam Handmade Contemporary Fair bring eksklusiewe ontwerpe, kuns, kos en wyn onder een dak saam.
Besoekers kan uitsien na 120 uitstallers wat hul meesterstukke in ondermeer handgemaakte goedere en fynproewer kosse en wyne gaan uitstal.
Met vanjaar se tema as “well made in Africa” sal die uitstallers ook poog om ’n verskeidenheid van Afrika-patrone op ’n outentieke, unieke wyse in hul werke te verteenwoordig.
Mode-liefhebbers sal ook bly wees om te hoor dat die bekende Chu Suwannapha saam met Sanlam werk om sy kennis oor patrone en kleure by dié ekspo te deel.
Kaartjies kan vooraf gekoop word op www.SanlamHMC.co.za teen R90 per persoon. Kaartjies by die deur beloop R110 per persoon.
Kinders onder 12jaar geniet gratis toegang.
Waar: Hyde Park Corner se dak-area, Johannesburg
Wanneer: 14 – 16 Oktober
Tye:
Vrydag 14 Oktober: 12:00 – 22:00
Saterdag 15 Oktober: 10:00 – 21:00
Sondag 16 Oktober: 10:00 – 16:00