Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 1 x 1,4 kg groot werfhoender
• 1 ciabatta in die lengte middeldeur gesny (hou die een helfte vir croutons of sit ook saam met die hoender voor)
• seesoutvlokkies soos Maldon
• 45 ml olyfolie
• 4 lourier-blare
• ’n paar takkies tiemie
Porcini-botter
• 125 g sagte botter
• 25 g droë porcini-sampioene in 125 ml warm water geweek
• 2 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
• sout en swartpeper
• 250 g gemengde, eksotiese sampioene
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Sit een helfte van die ciabatta met die gesnyde kant na bo in ’n diep oondpan of oondvaste kasserol. 2 Vryf die sout oor die hele hoender in en sit die lourier-blare en tiemie in die maagholte. Sit die hoender op die brood, sprinkel olyfolie oor die hoender en bak vir 30 min. 3 Meng intussen die porcini-botter: Dreineer die porcini-sampioene maar behou die geurige water waarin dit geweek het. 4 Kap die sampioene baie fyn en roer deur die botter met die knoffel en geur met sout en peper. 5 Haal die hoender ná 40 min. uit die oond en verf die sampioenbotter met ’n kwas oor die hoender (hou ’n bietjie van die botter vir later). 6 Sit terug in die oond en bak vir nog 40 min. tot goudkleurig en gaar. Die sappe moet helder uitloop wanneer jy die dikste deel van die boudjie prik. 7 Smelt intussen die res van die porcini-botter in ’n middelslagpan en braai die eksotiese sampioene daarin tot gaar. 8 Geur met sout en swartpeper. Gooi die porcini-water by en kook af tot dit met die helfte verminder het. 9 Gooi die warm sampioene oor die hoender sodra dit uit die oond kom en sit dadelik voor.