Voorverhit die oond tot 200 °C.Sampioenhoender op ciabatta
Ingredients
Instructions
1 Sit een helfte van die ciabatta met die gesnyde kant na bo in ’n diep oondpan of oondvaste kasserol.
2 Vryf die sout oor die hele hoender in en sit die lourier-blare en tiemie in die maagholte. Sit die hoender op die brood, sprinkel olyfolie oor die hoender en bak vir 30 min.
3 Meng intussen die porcini-botter: Dreineer die porcini-sampioene maar behou die geurige water waarin dit geweek het.
4 Kap die sampioene baie fyn en roer deur die botter met die knoffel en geur met sout en peper.
5 Haal die hoender ná 40 min. uit die oond en verf die sampioenbotter met ’n kwas oor die hoender (hou ’n bietjie van die botter vir later).
6 Sit terug in die oond en bak vir nog 40 min. tot goudkleurig en gaar. Die sappe moet helder uitloop wanneer jy die dikste deel van die boudjie prik.
7 Smelt intussen die res van die porcini-botter in ’n middelslagpan en braai die eksotiese sampioene daarin tot gaar.
8 Geur met sout en swartpeper. Gooi die porcini-water by en kook af tot dit met die helfte verminder het.
9 Gooi die warm sampioene oor die hoender sodra dit uit die oond kom en sit dadelik voor.