Serves: 6 Nutrition facts: 200 calories 20 grams fat Ingredients 75 ml (5 e) olyfolie 24 (sowat 2 pakkies) portobellini- of knopiesampioene 250 g ricottakaas 45 ml (3 e) basiliekruidpesto 2 knoffelhuisies, gekap ’n halwe groen brandrissie, fyn gekap (opsioneel) 60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas Verf ’n oondvaste keramiekbak met 15 ml (1 e) van die olyfolie. Instructions Breek die sampioenstingels af en pak met die holtes na bo in die bak. Meng die ricotta,pesto, knoffel en brandrissie en skep in die sampioene. Bedruip met die res van die olyfolie. Strooi die parmesaankaas oor en bak vir sowat 20 min. of tot die sampioene sag en die kaas goudbruin is. Haal uit en sit voor.