Samewerking sorg vir uitsonderlike sauvignon blanc

Samewerking sorg vir uitsonderlike sauvignon blanc. Deur Maryke Roberts.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Al 13 kelders het druiwe vir die wyn verskaf. Alhoewel samewerking van hierdie skaal skaars is, is dit die streek se reputasie vir baanbreker- en bekroonde sauvignon blanc wat dit ’n uitstaande bydrae tot Suid-Afrikaanse wyn maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Die koeler Durbanville-wynvallei is ideaal vir die stadige en geurige ontwikkeling van wyndruiwe, veral sauvignon blanc. ’n Diemersdal-wyn het onlangs die trofee as algehele wenner in sy kategorie by die 2022 Concours Mondial du Sauvignon ontvang, terwyl sauvignon blanc van Durbanville Hills onder die min goue wenners by die VK-gebaseerde Global Masters-wynkompetisie was. Gaste kon albei hierdie wyne, asook die Bloemendal Suider Terras 2016, om die diverse sauvignon blanc-styl te illustreer, by die bekendstelling proe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Albei eersgenoemde wynkelders was bydraers tot dié samewerkingswyn, genaamd Durbanville Sauvignon Blanc, saam met Altydgedacht, Bloemendal, Canto, D’Aria, De Grendel, Groot Phesantekraal, Klein Roosboom, Maastricht, Meerendal, Nitida en Signal Gun. Die finale produksie is aan die veteraan-wynmaker Charles Hopkins en Morgan Steyn van De Grendel toevertrou.

Die wyn bestaan uit druiwe van al 13 kelders in die vallei. Die wynmakers by die bekendstelling is voor van links Andri Hanekom (Bloemendal), Etienne Louw (Nitida), Thys Louw (Diemersdal), Charles Hopkins (De Grendel), Thys Smit (Meerendal), Kobus Gerber (Durbanville Hills), MJ de Wit (Signal Gun), Thys Louw (Maastricht). Agter staan Piti Coetzee (Klein Roosboom), Richard Schroeder (Groot Phesantekraal), Morgan Steyn (De Grendel), Lutske Doubell (D’Aria), Jenna Higgins (Durbanville Hills), Estani de Wit (Signal Gun) en Johan de Villiers (Klein Roosboom).

Dit volg op die hakke van die streek se samewerking verlede jaar in die maak van die nou-uitverkoopte Master’s Vineyards Cabernet Sauvignon.

Lees ook: Farro groet die stad en skop nes op die platteland

In kommentaar op die jongste toevoeging, noem Charles: “Van die begin af het almal die betekenis daarvan begryp om die gehalte en beeld van Durbanville Sauvignon Blanc ten toon te stel.”

Met ’n glasie Durbanville Sauvignon Blanc 2022, kuier Charles Hopkins (De Grendel), Thys Louw (Diemersdal) en Bennie Howard (Kaapse wynmeester).

Die indrukwekkende etiket is deur Bravo Design ontwerp. Brenden Schwartz van Bravo Design het vertel die etiket benaddruk die vele fasette van Durbanville, met die wingerde en wyndruiwe as middelpunt saam met proteas – Suid-Afrika se nasionale blom – sowel as ’n aanduiding van natuur-georiënteerde wingerdbou.

Brenden Schwartz van Bravo Design het vertel die etiket beklemtoon die vele fasette van Durbanville, met die wingerde en wyndruiwe as middelpunt, saam met proteas — Suid-Afrika se nasionale blom — sowel as ’n aanduiding van natuur-georiënteerde wingerdbou.

Die streek se Nederlandse erfenis word weerspieël in beelde van die historiese NG Kerk, 1840 Onze Molen-windpomp en Kaaps-Hollandse opstal, asook die blou Delft- weergawe. Die nabyheid en skakeling met die Kaap word uitgebeeld deur die uitsig op Tafelberg, maar ook kanonne wat tradisioneel gebruik is om plaaslike boere te sein dat handelskepe by Tafelbaai aangekom het.

Met die uitsig oor Tafelberg, is gaste by De Grendel vir die bekendstelling van die eerste Durbanville Sauvignon Blanc 2022 verwelkom.

Die assosiasie met landbou kom ook na vore in die trekker, druiwe-oes en pampoene, met laasgenoemde ’n verwysing na die streek se oorspronklike naam, Pampoenkraal.

Die 2022 Durbanville Sauvignon Blanc toon tipiese karakter van ’n jong, ongehoute Durbanville Sauvignon Blanc, wat kenmerkende aromas en geure bewaar het. Die wynmaker se notas beskryf dit as besonder vol in die mond en stel die wyn voor as ’n wonderlike aperitief of pasmaat vir seekos, slaai, pasta, en selfs ligte vleisgeregte.

Gaste is met oesters en vonkelwyn verwelkom.

Die voorgereg en hoofgereg is met die Durbanville Sauvignon Blanc 2022 bedien.

Sauvignon blanc is Suid-Afrika se topverkoperwitwyn en in Brittanje word daar twee maal meer sauvignon blanc as die tweede plekhouer, pinot grigio, verkoop.

Gaste by die bekendstelling kon dit met geroosterde seekat, kersietamaties en aspersies vir voorgereg; en kruiekors-lam, aartappels en geroosterde preie en eiervrug vir die hoofgereg, geniet. Nagereg van vyepoeding met witsjokolade, heuningkors en kaneelroom, is met die De Grendel Sauvignon Blanc Noble Late Harvest bedien. Die maaltyd is deur De Grendel se hoofsjef, Ian Bergh, berei.

Die wynmaker se notas beskryf die Durbanville Sauvignon Blanc 2022 as besonder vol in die mond en stel die wyn voor as ’n wonderlike aperitief of pasmaat vir seekos, slaai, pasta, en selfs ligte vleisgeregte.

Die eerste 2022 Durbanville Sauvignon Blanc is by die proelokale van die Durbanville-wynvallei beskikbaar. Dit kan ook aanlyn by durbanvillewine.co.za gekoop word. Die wyn verkoop vir sowat
R 110 per bottel.

Foto’s: Clifford Roberts en Liesl Engelbrecht

Lees ook: Wynemporium fokus op Stellenbosch se wyne

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

10 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

10 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

1 day Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

1 day Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.