kategorieë: Bekendes

Sam Smith: Aantreklik, plat op die aarde en uiters suksesvol!

Sam Smith: Aantreklik, plat op die aarde en uiters suksesvol! deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Rexfeatures  / Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Samuel Frederick Smith is op 19 Mei 1992 in London in Engeland gebore. Dié jong sanger en liedjieskrywer het op al 26 meer sukses behaal as die gewone jong man. Hy het immers reeds ’n duet gesing saam met die musieklegende Mary J. Blige, liedjies van gunstelingsangers soos Bruno Mars, Whitney Houston en Tracy Chapman gecover en spog met niks minder nie as 27 toekennings agter sy naam – waarvan vier Grammy-toekennings en een ’n Oscar-toekenning is. Sam het ook op 30 Oktober 2018 ’n groot verkoopsmylpaal bereik nadat sy albums saam meer as 20 miljoen verkope wêreldwyd oortref het – hy het dít bereik met slegs twee albums, In The Lonely Hour en The Thrill of It All.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy eerste album, In The Lonely Hour, is in op 26 Mei 2014 deur Capitol Records vrygestel en het binne slegs weke eerste gelê op die UK Albums Chart en nommer 2 op Billboard 200 bereik.

In Desember 2014 is hy genomineer vir ses Grammy-toekennings en by die 57th Annual Grammy Awards op 8 Februarie 2015 het hy vier daarvan gewen – Beste Nuweling, Album Van Die Jaar, Beste Pop-album en Liedjie Van Die Jaar.

Slaan ’n paar jaar oor tot by November 2017 en Sam stel sy tweede topverkoper-album, The Thrill of It All, vry. Dié keer debuteer die album heel bo aan die UK Albums Chart én Billboard 200 en word dit sy eerste nommer-een-album in die VSA. Op 20 Maart 2018 het Sam met sy Thrill of It All-toer begin wat lande soos Europa, Noord-Amerika, Asië, Nieu-Seeland, Australië en Suid-Afrika besoek.

Sam tree op 13 en 14 April by die Coca Cola Dome in Johannesburg op, waarna hy Kaapstad besoek vir sy optredes op 16, 17 en 18 April by die Grand Arena.

Ter voorbereiding vir sy besoek aan Suid-Afrika die maand het ons besluit om ’n paar interessante feite van hom te gaan opsoek, en hier is 11 dinge wat jy dalk nie van Sam Smith geweet het nie:

1. Hy het wêreldwyd miljoene luisteraars

Sam Smith het wêreldwyd meer as 39 miljoen luisteraars op Spotify.

2. Stay with me het miljoene views op YouTube

Sy gewilde liedjie “Stay With Me” het reeds meer as 973 miljoen views op YouTube en is meer as 921 miljoen keer op Spotify geluister.

3. Hy het ’n bekende familie

Hy is die derde neef van die Engelse sanger Lily Allen en haar broer, Alfie Allen, wat die rol van Theon Greyjoy in die gewilde HBO-reeks Game Of Thrones speel.

Lees ook: Game of Thrones 101: Alles wat jy moet weet voordat seisoen 8 begin

4. Hy gesels graag oor hierdie persoonlike saak op twitter

Sam ly aan OCD (obsessiewe kompulsiewe versteuring) en bespreek gereeld sy stryd daarteen op twitter.

5. Een van sy liedjies is al in Grey’s Anatomy gebruik

Sy noemenswaardige Whitney Houston cover van “How Will I Know” was eerste op Grey’s Anatomy gehoor.

6. Voordat hy bekend geraak het, het hy …

Voordat hy internasionale sukses bereik het, het Sam in ’n kroeg in London gewerk en toilette skoongemaak. Hy het voltyds Maandae tot Sondae gewerk en het nie eers genoeg geld gemaak om vir openbare vervoer te betaal nie.

7. Hy kry inspirasie vir sy albums uit dinge wat in sy eie lewe gebeur

Sam Smith se inspirasie vir sy eerste album, In The Lonely Hour, was ’n ou op wie hy verlief geraak het, maar nie dieselfde oor hom gevoel het nie.

8. Hy omring homself met sterk vroue

Hy beskou homself as ’n feminis! Omdat hy grootgemaak is deur ’n sterk makelaar vir ’n ma en ’n tuisbly-pa beskou hy homself as ’n feminis. Hy was voordurend omring deur sterk vroue wat sy vooruitsigte en denkwyse gevorm het.

Sy musikale ikone is meestal vroue, en sy gunstelinge is onder andere Whitney Houston, Beyoncé en Etta James.

9. Sy gunstelingreeks is …

Hy is behep met die Amerikaanse sitkom “Modern Family” en beskryf Eric Stonestreet – wat die rol van Cameron Tucker speel – as “die beste ding wat hy ooit in sy hele lewe gesien het.”

10. Sam is ’n opgeleide jazz-sanger

Sy ouers het hom op die ouderdom van 8 jaar in formele stemopleiding by ’n plaaslike jazz-sanger, Joanna Eden, geplaas nadat hulle hom een oggend hoor saamsing het met Whitney Houston se “Your Love Is My Love”.

11. Hy het al twee Guinness World Records gebreek!

Hy het ook in Oktober 2015 twee Guinness World Records in die kwessie van ’n maand behaal. Die eerste een was vir sy opname van die eerste James Bond-temalied “Writing’s on the Wall” wat nommereenstatus in die Verenigde Koninkryk behaal het. En die tweede rekord is behaal nadat sy debuutalbum, In The Lonely Hour, die rekord gebreek het vir die “Most Consecutive Weeks” in die UK Top 10 Album Charts vir ’n verstommende 69 opeenvolgende weke.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

25 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.