Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Tamatiesous
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
1 selderystokkie, gekap
1 wortel, gerasper
2 knoffelhuisies, gekneus
2 x 410 g-blikke heel geskilde tamaties, met ’n vurk in die sous fyn gedruk
15 ml (1 e) suiker
hand vol tiemieblare
Vir die hoender
45 ml (3 e) sagte botter
2 knoffelhuisies, gekneus
hand vol salieblare, gekap + ekstra
6 groot, ontbeende hoenderborsies, sonder vel, oopgevlek en met ’n rolstok platter geslaan
sout en gemaalde swartpeper
6 skyfies mozzarella
6 lappies parmaham
15 ml (1 e) olyfolie
250 g (1 houer) bocconcini, in die helfte geskeur
hand vol basiliekruidblare
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Tamatiesous 1 Verhit die olie in ’n groot, oond-vaste kastrol en braai die ui, seldery, wortel en knoffel hierin tot sag. 2 Voeg die tamaties, suiker en tiemie by en prut vir 15 min. Geur na smaak.
Hoender 1 Meng die botter, knoffel en salie. Rol die oopgevlekte borsies effens platter en smeer die botter oor die hoender. Geur na smaak. 2 Pak ’n skyfie mozzarella op elk van die borsies en strooi ekstra salieblare oor. Rol elkeen in ’n lappie parmaham toe. 3 Verhit olie in ’n oondvaste kastrol en braai die hoenderborsies hierin tot goudbruin. Geur na smaak en gooi die tamatiesous en bocconcini oor. 4 Bak vir 10-15 min. tot die bocconcini begin smelt en die hoender gaar is. Strooi die basiliekruidblare oor en sit met pasta voor.