Voorverhit die oond tot 200 °C. Tamatiesous HoenderSaltimbocca-hoender in tamatiesous
Ingredients
Instructions
1 Verhit die olie in ’n groot, oond-vaste kastrol en braai die ui, seldery, wortel en knoffel hierin tot sag.
2 Voeg die tamaties, suiker en tiemie by en prut vir 15 min. Geur na smaak.
1 Meng die botter, knoffel en salie. Rol die oopgevlekte borsies effens platter en smeer die botter oor die hoender. Geur na smaak.
2 Pak ’n skyfie mozzarella op elk van die borsies en strooi ekstra salieblare oor. Rol elkeen in ’n lappie parmaham toe.
3 Verhit olie in ’n oondvaste kastrol en braai die hoenderborsies hierin tot goudbruin. Geur na smaak en gooi die tamatiesous en bocconcini oor.
4 Bak vir 10-15 min. tot die bocconcini begin smelt en die hoender gaar is. Strooi die basiliekruidblare oor en sit met pasta voor.