kategorieë: KalenderOntspanning

Salon 58 & H&M bied aan #Salon58Conscious

Om mee te begin, sal dié Sweedse handelaar vir gaste ’n voorsmakie van die jaar se versameling gee waarna gaste kans sal kry om van die stylvolle kledingstukke (volhoubaar ontwerp) te koop – dit alles natuurlik lank voordat dit in die winkels verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Elke item in H&M se Conscious Exclusive-versameling is gemaak van herwinbare of organiese materiale. Rokke, broeke en toppies is gemaak van suiwer organiese sy, katoen asook herwonne vesels soos wol en poliëster. H&M se Amelia May Woudstra vertel: “Prettig, pragtig en dromerig was sleutelwoorde wat gebruik is tydens die proses en die kledingstukke is vroulik en vleiend. Die rokke, broeke, hemde, skoene en sakke het almal ’n luukse voorkoms wat gedra kan word as formeel of informeel.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons ontwerpers het tekstuur bygevoeg en ’n 3D-effek geskep met groot blinkertjies wat uit herwonne plastiek gemaak is. Fantastiese patrone word vermeng wat uit klein herwonne glaskrale geskep is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die ontwerpers het volhoubaarheid – ’n konsep wat dikwels as lelik beskou word- geneem en dié idee onderstebo gekeer. Dit het gelei tot die produksie van ’n versameling wat veelsydig is en beslis ook met enige internasionale versameling kan meeding. Die kledingstukke sal perfek in enige klerekas pas en is geskik vir enige geleentheid,” sê Jackie.

Gaste sal ’n voorsmakie kry van die jongste “groen” innovasies in mode (dink aan waterlose kleurstowwe) wat lei tot ’n verkenning van die bewuste verbruiker en die manier waarop ons denke oor hoe ons leef gereflekteer word. Jackie Burger sal die reeks praatjies lei. Temas sal kuns, skoonheid, media, dekor, welstand, spiritualiteit en afrigting insluit, maar dit is ook ’n kos-ervaring.

#Salon58Conscious sal op Saterdag, 8 April 2017 by Gallery Momo in die Oro Africa-gebou in Kaapstad aangebied word.

Kaartjies is beskikbaar teen R650 per persoon. Klik hier om jou plek te bespreek

Bly op die hoogte van die geleentheid op sosiale media

Webblad: www.salon58.co.za

Instagram: @jackieburger

Facebook: Salon 58

Twitter: @Jackie_Burger

H&M se webblad: www.hm.com/za

Instagram: @hm

Facebook: H&M

Twitter: @hmsouthafrica

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

12 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

13 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

15 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

17 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.