’n hand vol kappertjieblare met stingels (afgespoel)
4-6 sprietuie, in repies gesny
2 klein vinkelbolle, in repies gesny
1 lemmetjie of suurlemoen in dun skyfies gesny en nog 1 vir sap
10 cm gemmer in dun skyfies gesny
seesout
4 velle bakpapier in 30 cm-sirkels gesny
Instructions
Pesto
1. Verwerk die blare, knoffel, dennepitte en parmesaankaas in ’n voedselverwerker tot ’n gladde pasta. 2. Gooi die olyfolie in ’n dun straaltjie by terwyl die masjien hardloop. Die sous sal verdik en bymekaar kom wanneer dit ’n emulsie vorm. 3. Stop die masjien en skep die pesto in ’n opdienbakkie.
Salm
Verhit die oond tot 180 °C. 1. Verdeel die vis in 4 ewe groot porsies. 2. Sit die 4 bakpapiersirkels op ’n skoon werkvlak. 3. Sit ’n hopie van die kappertjieblare, sprietuie en vinkel in die middel van elke sirkel. 4. Sit ’n visporsie op die blare. Geur met sout en druk ’n bietjie suurlemoensap oor. 5. Pak ’n paar skyfies lemmetjie en gemmer op elke visporsie en vou die pakkies soos ’n toebroodjie toe. 6. Sit op ’n bakplaat en bak vir 15 min. Haal uit die oond en vou die pakkies oop. 7. Sit elke pakkie net so op die bord en sit met vars kappertjieblare en die kappertjiepesto voor.