Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Met die roersous moet jy vinnig werk en vinnig smul, want as dit te lank staan, word die roomkaas taai. As dit wel gebeur, kan jy net ’n bietjie room deurroer en weer verhit. Gebruik geblikte salm as jy nie vars salm kan kry nie, verwyder net die swart velletjies en bene.
olyfolie
500 g (sowat 4) salmfilette, of liggies gerookte forel van Woolies (dis goedkoper)
400 g skulppasta
1 houer roomkaas
1 rooi ui, gekap
hand vol dille, gekap
fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
sout en gemaalde swartpeper
60 ml (¼ k) kappertjiesaad
hand vol pietersielie, gekap
babakruie om oor te strooi
Instructions
1. Maak ’n groot kastrol drie kwart vol water en geur met ’n knypie sout. Bring tot kookpunt. 2. Verhit solank olie in ’n groot pan oor hoë hitte en braai die salm vir 3 min. aan elke kant daarin. Geur na smaak en hou eenkant. 3. Voeg die pasta by die kookwater en kook volgens die aanwysings op die pak. 4. Dreineer die pasta en roer die roomkaas deur. Meng die ui, dille, suurlemoenskil en kappertjiesaad deur. Vlok die vis en voeg ook by die pasta. 5. Strooi pietersielie en babakruie bo-oor.