Pasta met salm, kappersaad en roomkaas
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Met die roersous moet jy vinnig werk en vinnig smul, want as dit te lank staan, word die roomkaas taai. As dit wel gebeur, kan jy net ’n bietjie room deurroer en weer verhit. Gebruik geblikte salm as jy nie vars salm kan kry nie, verwyder net die swart velletjies en bene.
- olyfolie
- 500 g (sowat 4) salmfilette, of liggies gerookte forel van Woolies (dis goedkoper)
- 400 g skulppasta
- 1 houer roomkaas
- 1 rooi ui, gekap
- hand vol dille, gekap
- fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper
- 60 ml (¼ k) kappertjiesaad
- hand vol pietersielie, gekap
- babakruie om oor te strooi
Instructions
1. Maak ’n groot kastrol drie kwart vol water en geur met ’n knypie sout. Bring tot kookpunt.
2. Verhit solank olie in ’n groot pan oor hoë hitte en braai die salm vir 3 min. aan elke kant daarin. Geur na smaak en hou eenkant.
3. Voeg die pasta by die kookwater en kook volgens die aanwysings op die pak.
4. Dreineer die pasta en roer die roomkaas deur. Meng die ui, dille, suurlemoenskil en kappertjiesaad deur. Vlok die vis en voeg ook by die pasta.
5. Strooi pietersielie en babakruie bo-oor.
Rooi Rose
Lees Meer
Vinnige salmpasta
18/12/2024
Grondboontjie-en-vark-roerbraai
06/11/2024
Italiaanse worsiepasta
22/10/2024