50 ml (3 e + 1 t) dennepitte, gerooster (opsioneel, vervang dit met sonneblomsade)
1 rooi ui, fyn gekap
hand vol gekapte grasuie en roket
250 ml (1 k) groen druiwe, gehalveer
sout en gemaalde swartpeper
Instructions
1Meng al die speserye saam. Bedek die salm in die speserymengsel en marineer in die yskas vir 30 min.
Spoel die quinoa goed af onder lopende, koue water. Sit die quinoa en 500 ml (2 k) soutwater in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir sowat 20 min. (Dit lyk effens deurskynend wanneer gaar.)
Meng die lemoen-segmente, -sap, –skil, olie, dennepitte, ui, kruie en druiwe saam. Geur na smaak. Meng deur die quinoa en hou eenkant.
Verhit ’n riffelpan oor matig-hoë hitte. Sprinkel olie oor die salm en braai vir ± 2 min. aan elke kant of tot gaar na smaak.