Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
’n Hand vol baba-aartappels, in die skil gekook en middeldeur gesny
100 g aspersies
15 ml (1 e) olyfolie
’n groot hand vol babaspinasieblare
100 g (1 vars filet) salm
125 ml (½ k) baba-ertjies
125 ml (½ k) ricottakaas
15 ml (1 e) vars kruisementblare, ruweg gekap
4 eiers
160 ml vetvrye melk
sout en swartpeper
gerasperde skil van een suurlemoen
Instructions
Skakel die oondrooster aan. Spuit ’n 20 cm-oondvaste pan met kleefwerende kossproei. 1 Sit die aspersies vir ’n minuut in sterk kokende water en dompel dit onmiddellik in yskoue water. 2 Soteer die baba-spinasie vir ±1 min. oor matige hitte in die verhitte olyfolie Hou eenkant. 3 Braai die salmfilet in dieselfde pan aan albei kante tot gaar. Laat die salm afkoel en vlok dit met ’n vurk. 4 Sit die aartappels, aspersies, spinasie, salm, ertjies, ricottakaas en kruisementblare in die pan. 5 Klits die eiers en melk saam en geur met sout, swartpeper en suurlemoenskil en giet oor die groente. Verhit die pan stadig oor ’n matige hitte vir 8 - 10 min. tot die rande van die frittata geset is, maar die middel nog loperig is. Sit die pan onder die oondrooster tot die bokant geset is. 6 Sit voor met ’n slaai en vars suurlemoenwiggies.