Skakel die oondrooster aan. Spuit ’n 20 cm-oondvaste pan met kleefwerende kossproei.Salm-en-groente-frittata
Ingredients
Instructions
1 Sit die aspersies vir ’n minuut in sterk kokende water en dompel dit onmiddellik in yskoue water.
2 Soteer die baba-spinasie vir ±1 min. oor matige hitte in die verhitte olyfolie Hou eenkant.
3 Braai die salmfilet in dieselfde pan aan albei kante tot gaar. Laat die salm afkoel en vlok dit met ’n vurk.
4 Sit die aartappels, aspersies, spinasie, salm, ertjies, ricottakaas en kruisementblare in die pan.
5 Klits die eiers en melk saam en geur met sout, swartpeper en suurlemoenskil en giet oor die groente. Verhit die pan stadig oor ’n matige hitte vir 8 - 10 min. tot die rande van die frittata geset is, maar die middel nog loperig is. Sit die pan onder die oondrooster tot die bokant geset is.
6 Sit voor met ’n slaai en vars suurlemoenwiggies.